KANTLYN
Op die
7
January 2018
7 000 per dag
173 miljoen brode
Suid-Afrika verbruik jaarliks nagenoeg 17 miljoen ton graan
(dit sluit alle grane in). Dit is 46 575 ton graan daagliks, wat
gelyk is aan 1 370 vragte van 34 ton elk.
Met ‘n bevolking van ongeveer 55 miljoen mense in Suid-Afrika en
amper 8 000 graanprodusente voed een graanprodusent ongeveer
7 000 mense per dag.
– Verwerking van SAGIS-inligting deur Dissie Kruger (voormalige
hoofbestuurslid van Graan SA)
173 938 100 brode word gemiddeld per maand in
Suid-Afrika gebak.
– Verwerking van SAGIS-inligting deur Luan van der Walt (Graan SA)
DS KOOS KIRSTEN
WOORD
Uit die
o
ns is al weer in ‘n nuwe jaar. ‘n Jaar wat weer sy eie
uitdagings gaan oplewer. Onsekerhede in die markte,
politiek en ook die klimaat. Te midde van al hierdie
onsekerhede moet ons leef en oorleef. Vir ‘n groot klomp
van ons is daar net eenvoudig nie ‘n ander uitweg nie;
ons moet aanhou boer. Planne moet gemaak word en
alles moet in die stryd gewerp word om te oorleef.
In al die onsekerhede van hierdie lewe is daar tog iets wat ons troos
en gerusstel. Die Here is in beheer. Ons lees in Openbaring 4 dat
Johannes in ‘n gesig die troonsaal van God sien. God wil dit duide-
lik aan hom en aan ons stel dat Hy die geskiedenis van hierdie
wêreld bepaal.
Johannes sien die Heer in al sy heerlikheid terwyl Hy op Sy troon
sit. Rondom die troon is daar 24 ouderlinge. Twaalf verteenwoordig
die gelowiges uit die Ou Testament en twaalf verteenwoordig die
gelowiges uit die Nuwe Testament. Die sewe vuurfakkels is die
Heilige Gees en die vier lewende wesens verteenwoordig alle
geskape wesens.
Die vier lewende wesens bring lof en eer en heerlikheid aan God
en dan val die 24 ouderlinge voor sy troon en aanbid Hom en gooi
hulle goue krone voor Hom neer. Hiermee sê hulle dat Hy die groot
Heerser, die Koning van die konings is en dat alles onder Sy beheer is.
Verder moet ons let op wat hulle in hul gebed sê. Hulle sê dat alles
bestaan deur die wil van God. Alles wat bestaan, bestaan omdat
God wil. Alles gebeur soos God wil. Niks roer of beweeg sonder
dat God wil nie. Alles wat met ons gebeur, gebeur omdat God
wil. Die goeie, sowel as die slegte. Soos die apostel Paulus ook in
Romeine 8:28 skryf: Alles werk ten goede mee vir die kinders van
God. Voeg daarby dat niks en niemand in tyd of ewigheid ons van die
liefde van God kan skei nie. Christus is immers die bewys van God
se liefde vir ons.
Gaan dan hierdie nuwe jaar met al sy uitdagings – goed en sleg – met
vertroue in God, tegemoet. Alles is in Sy hande, ook jou lewe.
Baie geluk aan Ivice Ndlovu
van Alberton wat vir die
Desember-uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis
Bybel gewen het.
Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:
estie@infoworks.biz083 490 9449
10% to 17%
Seed is an important production input and depending on the plant
density, constitutes between 10% and 17% of a maize producer‘s
variable production costs.
53 new cultivars released
For the 2017/2018 production season, it was good to see that
39 new maize cultivars were released in the market,
seven new soybean cultivars, six new sunflower seed cultivars
and one new sorghum cultivar.
13,1%
The domestic wholesale price of diesel in Gauteng increased by
13,1% – from R10,72 per litre in October 2016 to R12,12 per litre
in October 2017.
6,7 million kW
The current total tractive power of the tractor fleet of
6,7 million kW is much more than the 4,52 million kW of
ten years ago.
– Source: Corné Louw (senior economist, Grain SA)