Maart 2018
14
Waar staan Graan SA se heffings?
G
raan SA is ‘n produsente-orga-
nisasie wat gedeeltelik deur sy le-
de se heffings befonds word. Die
heffings word op ‘n vrywillige ba-
sis betaal en nie op ‘n statutêre basis soos
die geval is met ander organisasies nie. Dit
het natuurlik baie voor- en nadele: Die groot-
ste voordeel hiervan is dat die produsente
volle beheer oor hul eie organisasie het.
By verlede jaar se Graan SA Kongres is
gevra dat ondersoek ingestel word daarna
dat geweegde stemme in die Graan SA-be-
stuurstrukture gebruik word. In die onlangse
streeksvergadering was daar ‘n groot aan-
tal vrae oor wie heffings betaal en in wat-
ter streke die meeste heffings betaal word.
Uit
Grafiek 1
is dit duidelik dat Streek 27 die
streek is wat die meeste heffings betaal.
Die heffings kan verder ook in geografiese
streke opgedeel word, soos byvoorbeeld
die westelike, oostelike en suidelike pro-
duksie-areas. Volgens die verwerkings van
die heffingsyfers, betaal die oostelike pro-
duksie-area die meeste heffings (‘n totaal
van 41%) terwyl die westelike en suide-
like produksie-areas baie naby aan mekaar
is met 30% en 29% onderskeidelik – sien
Grafiek 2
.
As daar spesifiek gekyk word na die verskil-
lende gewasse en hul onderskeie bydraes
(
Grafiek 3
), kan gesien word dat byna al die
wintergrane se heffings effektief ingesamel
word en byna amper 100% van die kanola-
oes. Die laagste is grondbone met 24%.
Vir die totale graanoes word 31% van die
heffing betaal. Die persentasie word elke
jaar hoër danksy getroue bydraes van ons
produsente.
Dit bly vir Graan SA belangrik dat die
persentasie bly styg, want anders kan die
goeie werk, soos bespreek by die Graan SA-
streeksvergaderings, nie gedoen word nie.
Die heffings bly van kardinale belang en
bied ‘n definitiewe voordeel vir die pro-
dusent. As Graan SA nie daar is nie, sal die
graanbedryf drasties en vinnig agteruitgaan
– tot nadeel van ons produsente, maar ook
vir ons land. Dit is ook uiters belangrik om
seker te maak dat Graan SA ‘n produsente-
organisasie bly. Hoe meer produsente hef-
fings betaal, hoe groter sê sal hul hê en des
te groter invloed kan uitgeoefen word.
Graan SA bedank elke individuele produsent
wat sy/haar heffing so getrou betaal en hier-
deur verseker dat die bedryf volhoubaar bly
en dat landbou in geheel ‘n verskil maak.
GRAAN SA
DR DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA
Grafiek 1: Drie jaar gemiddelde heffings per streek.
Grafiek 2: Produksie per geografiese area.
Grafiek 3: Bydrae per gewas.