1
June 2018
Medewerkers
vir hierdie uitgawe
Nyiko Baloyi, dr Danie Beukes, Michael Day, Cathy de Villiers, Jannie de Villiers, dr Jan du Preez, Johan du Preez, Petru Fourie, ds Koos Kirsten, Louise Kunz, Corné Louw,
Wiana Louw, Lize Morris, Karina Muller, Phillip Oosthuizen, dr Goddy Prinsloo, Mariana Purnell, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, Marleen Smith, Frik Steynberg, Ruth Schultz,
dr Scott Sydenham, Adri Theron en Luan van der Walt
s
oos om deur ‘n sleutelgat te loer en net ‘n
glimpse
te vang
van lank terug se leef...‘n heimwee, ‘n nostalgie, ‘n gedagte
aan ‘n kind op ‘n swaai...sorgeloos en vry, met niks nie...en
tog ook met alles...
Nou wens sy sy kon beter sien deur die sleutelgat, maar na
al die jare word dit al hoe moeiliker om die onthou in haar lyf te laat
kom sit.
...die onthou het al hoe minder geword, want soveel dinge moes ge-
doen word elke dag in die grootmenswêreld en later het die onthou al
hoe moeiliker geword...
Sy het geweet sy sou iets moes doen om die onthou weer te probeer
vind en sy het begin verf...alles wat die onthou sou terugbring...en dit
het...want nou, elke keer as sy verf en die laaie van onthougoed in haar
binnekant omdop, word ‘n stukkie van haar hart weer heel...
Só skryf Liza van Wyk van Liza Vintage Arts and Crafts wat elke jaar
in die Hopefield-saal by die NAMPO Oesdag uitstal. Haar handsakke
en ander items met geverfde plaastonele van skape, ‘n langoor donkie,
‘n sorgelose dogtertjie of ‘n mak meerkat op, trek altyd dadelik my oog
as ek deur dié saal stap. Dit het my laat dink: Is dit hoekom ek soveel
van antieke meubels en ougoed hou, so ‘n sentimentele streep deur
my het én ‘n versamelaar is? Miskien laat dit my onthou van kleintyd
op die plaas en van my oumas. Ek reken dit is ook waarom party stads
japies NAMPO toe kom...om te kom onthou hoe dit eens by Oupa en
Ouma op die plaas was; om te kom deel in die familie-atmosfeer en
plaasgasvryheid wat so eie aan die Oesdag is.
Hier loop niemand met ‘n dikmond rond nie. Almal is vriendelik en
knoop ‘n geselsie aan. Ou vriende wat mekaar lank laas gesien het,
gesels land en sand; ernstige besigheid word gedoen en netwerk
geleenthede maak die groot gebeurtenis in landbou ‘n moet-bywoon-
geleentheid. In dié uitgawe publiseer ons die eerste deel van ons
terugblik op die pas afgelope NAMPO Oesdag. Loer gerus watter
bekendes hier was (bladsy 8 tot bladsy 29).
SA Graan/Grain
het ook ‘n spiksplinternuwe reeks wat ‘n aanvang
neem: Effektiwiteit lei na doeltreffendheid. Luan van der Walt,
dr Hendrik Smith en Petru Fourie (almal van Graan SA) kyk na die be-
ginsels van effektiwiteit en doeltreffendheid in ‘n boerdery – wat al
hoe belangriker raak soos die boerdery-omgewing toenemend meer
gesofistikeerd en volhoubaar móét word. Moenie die eerste deel van
dié reeks op bladsy 52 misloop nie.
Lekker lees tot aanstaande maand!
Estie de Villiers,
redakteur
voorpunt
Ontmoet ons
medewerkers...
I
n die Wes-Kaap maak landbouchemikalieë tussen
16% en 20% van ‘n koringprodusent se lopende
produksiekosterekening uit, terwyl dit in dele van
die somergewasproduserende gebied onder 5% is.
Op internasionale markte, veral in China, het pryse
van aktiewe bestanddele van landbouchemikalieë
die afgelope tyd uitermate gestyg. Op
bladsy 48
vergelyk
CORNÉ LOUW
(Graan SA) die huidige
landbouchemiese pryse met verlede jaar s’n.
B
eskik die land oor voldoende opbergingska-
pasiteit met oordragvoorraad en is logistiek
voldoende? Dit is wat ons van
MARIANA PURNELL
(Agbiz Grain) wou weet. Op
bladsy 37
bespreek sy
die grootte van die verwagte kommersiële mielie-
oes, die oordragvoorraad van die vorige oes, op-
bergingskapasiteit en uitvoere, asook die vervoer
van die kommoditeite via pad- en spoorvervoer.
I
n deel 4 van
DR JAN DU PREEZ
(veterinêre
spesialis) se reeks “Dieresiektes wat die mens
aantas” –
bladsy 54
– gee hy meer inligting oor
soönotiese tuberkulose. Volgens hom is besmette
beesmelk en melkprodukte met
Mycobacterium
bovis
-bakterieë wat nie gepasteuriseer is nie, die
hoofbron van besmetting by die mens wat bees
tuberkulose veroorsaak.
D
R DANIE BEUKES
(onafhanklike grondkundige)
deel op
bladsy 56
en
bladsy 61
die resul-
tate wat behaal is in proewe wat gedoen is om
Argentynse geenbewerkingspraktyke met plaaslike
praktyke in verskillende produksiegebiede te
vergelyk. In Deel 1 fokus hy op die agtergrond en
die proefpraktyke terwyl hy in Deel 2 gewasgroei
evalueer en graanopbrengste bespreek.
c
ATHY DE VILLIERS is gebore en
getoë op Bethlehem. Na skool het
sy by die LNR-Kleingraan as ‘n na-
vorsingsassistent begin werk en
deeltyds deur Unisa ‘n nasionale
diploma in landboubestuur ge-
doen. Daarna het sy by die Universiteit van
die Vrystaat haar Honneurs- en MSc-graad
in plantpatologie voltooi.
“Ek was uiters bevoorreg om van die geleenthede wat beskikbaar
was om my loopbaan te ontwikkel, gebruik te maak. Ek sou dit nie
sonder die LNR se ondersteuning kon doen nie. Ek werk tans as ‘n
navorser in Plantpatologie,” vertel Cathy. Sy spesialiseer in die iden-
tifikasie van plantsiektes op koring. Ure word in die veld spandeer
en kruisings word in die glashuis en isolasies in die laboratorium
gedoen.
Sy is getroud met Pierre en loodglaswerk is haar gunsteling stok-
perdjie.
Lees gerus die artikel
Improved germplasm can lead to a brighter
farm future
op
bladsy 66
, waarvan sy mede-outeur is.