4
e
k het onlangs ‘n ontstellende syfer onder oë gehad. Die
hoofekonoom van Standard Bank het die koste van die
Zuma Error (nie era nie) op meer as R1 triljoen bereken.
Dit kon meer as ‘n miljoen formele werksgeleenthede
geskep het, wat 4,5 miljoen mense maklik kon versorg.
Die bedrag sou sowat R300 miljard belastinginkomste
vir die staat meegebring het en sou Suid-Afrika nie tot rommelsta-
tus verneder het nie.
Groot is my verbasing egter oor hoe diegene wat die begunstigdes
van al die korrupsie is, steeds skaamteloos veg om hulle posisies
by die krippe te verdedig. Niemand kom bely nie, néé, die fluitjie-
blasers word eerder geskors of afgedank. Wanneer gaan dit dan
ophou? Die nuwe manne en vroue probeer waarskynlik eers die
grootste pype las of herlei en die kleiner lekplekke gaan vir ‘n ge
ruime tyd nog nie aandag kry nie.
Met dié dat ons direkteur-generaal by die Departement van Land-
bou, Bosbou en Visserye alweer haaks is met die minister, dink ek
terug aan Kallie Schoeman (een van ons hoofbestuurslede) se op-
merking teenoor die EFF toe hulle hom daar op sy plaas met grond-
besetting kom dreig het: “You cannot scare me, I was born in
Africa.” Dit is waarskynlik waarom ons al die chaos bly oorleef.
Terwyl die een staatsdepartement basies inmekaar tuimel, steek
‘n ander hand op om te help. Die Departement van Wetenskap en
Tegnologie is een wat heelhartig vir landbou hand opsteek.
Hulle is gereeld op ons voorstoep om te kom hoor waar hulle kan
help en stel wesenlike fondse beskikbaar om landbounavorsing
weer op die been te kry.
‘n Ander groep wat hand opsteek, is die universiteite wat oral in
gapings inhardloop om die landbousektor met navorsing te
ondersteun. Dit is regtig bemoedigend. Een groep het net nooit
geld vir iets nie terwyl ‘n ander gretig is om in landbou te belê. ‘n
Mens wonder waar die verskil inkom? My beste raaiskoot is bloot
leierskap. Visionêre leiers met vaste karakter en hoë etiese waardes
maak op enige platform ‘n betekenisvolle verskil.
Na maande se gespook en onderhandelinge het SAGIS uiteindelik
die bedryf se eerste mielie-uitvoervooruitskouing gepubliseer. Ten
minste het almal in die mark nou ‘n gelyke kans om te weet hoe
die uitvoere gaan verloop. Daar is so effens lig in die tonnels van
die wêreld as ek verneem hoe groener brandstof (etanol) al meer
en meer in die beleidstukke van die wêreld verskyn. Tekens dat die
vraag na graan steeds gaan bly styg, is bemoedigend – as die pryse
maar net ook die pas sal volhou. Elders in die wêreld sit die weten-
skaplikes bymekaar en praat oor die manipulering van gene (
gene
editing
) om die opbrengste van gewasse te verhoog en die siektes
teen te staan.
Ons gaan hard moet werk om te sorg dat daardie nuwe tegnolo-
gie, sodra dit die mark tref, vir ons produsente beskikbaar is. Uitslui
ting hiervan kan ons ernstig benadeel deur nie te deel in die groei
van wêreldmarkte nie. Die onstuimighede in die internasionale poli-
tiek (veral vanuit die VSA) kan ‘n meevallertjie vir ons graanuitvoere
inhou as die konings van die groot mishope mekaar aanvat. As dit
iewers pap reën, sal ons moet skep. Met dit in gedagte is ons span-
ne voluit aan die gang om nuwe markte te ontgin wat tot onlangs
toe groot tonnemate by die VSA aangekoop het.
Steek hande op om te help
Jannie de Villiers,
HUB/CEO
“
Hulle is gereeld op
ons voorstoep om
te kom hoor waar
hulle kan help en stel
wesenlike fondse
beskikbaar...
“
standpunt
point of view
Graan SA
Augustus 2018