29
October 2014
stande, byvoorbeeld op die veld. Die swakker aangepaste diere sal
altyd in swakker kondisiewees as goed aangepastediere.
Temperament
Lasater het ook op ‘n stadium opgemerk: “Nobody likes wild cattle
– sowhybreed them?”Hierdie stelling is vandagnognet sowaar.
As ‘n mens die beskrywings van verskillende beesrasse lees, dan
moet jy tot die gevolgtrekking kom dat daar feitlik geen ras bestaan
met ‘n swak temperament nie!Weeg jy egter bulle van verskillende
rasse teenmekaar op, sal jy agterkomdat daarwel groot verskille in
die temperament vanbulle is.
Navorsing gedoen in Colorado in die VSA het aangetoon dat Britse
vleisrasse ‘n kalmer temperament vertoon as Europese rasse en
laasgenoemde weer beter temperament vertoon as
Bos Indicus-
tipes.
By al die veldbultoetsewat onder beskerming vanVeldbul Suidelike
Afrika (VBSA) uitgevoer word, word daar met elke weging ‘n tem-
peramenttelling aan bulle toegeken. Hierdie telling word gedoen
volgens diemetode van dr Temple Grandin, maar op ‘n aangepaste
skaal van 1 - 9, waar 1=mak en 9=onhanteerbaar is.
Resultate behaal by die Oos-Vrystaat Veldbulklub het getoon dat
daar groot variasie in temperament is tussen rasse enbinne-rasse.
Verskeie navorsers het getoon dat temperament oorerflik is en dat
daar met vrug daarvoor geselekteer kan word. Grandin (1998) toon
aan dat die oorerfbaarheid van temperament volgens drie verskil-
lende studies onderskeidelik 0,40, 0,53 en 0,45 is. Dit beteken dat
hierdie eienskap in werklikheid medium tot hoog oorerfbaar is en
dat seleksiedaarvoorwelmoontlik is.
Navorsers indieVSA, Kanada, AustraliëenNieu-Seelandhet gevind
dat beestewat baiewild is, swakker groei in die voerkraal as beeste
wat mak en kalm is. Die groei van beeste met ‘n swak tempera-
ment was in gevalle soveel as 500 g/dag swakker as beeste met ‘n
goeie temperament (Hammack, 1997). Die vraag is of hierdie situ-
asie ook onder veldtoestande geld? Nêrens in die literatuur kon
enige bewyse opgespoor word dat temperament ‘n invloed het op
groei onder veldtoestande nie. Die data van die Beefmasterbulle
by die Oos-Vrystaat Veldbulklub is vir twee jaar statisties ontleed
asook die data van ‘n teelgroep van 118 bulle en die verband is in
Tabel 1
en
Grafiek 1
aangetoon. Dit is duidelik dat daar geen ver-
band tussengroei opdie veld en temperament is nie.
Die nuutste navorsing van prof Bernie Bindon van Australië, toon
dat temperament ‘ngroot invloedhet opdie sagtheid vanbeesvleis.
Volgens Bindon smaak die vleis van beeste wat stadiger beweeg,
beter as die vleis vanbeestewat vinnigbeweeg.
Dit is belangrik om te onthou dat daar net teen dieremet ekstreme
temperament gediskrimineer moet word. Bulle wat effens “lewen-
dig” is, het nie noodwendig ‘n swak temperament nie, maar ‘n
mens wil ook nie met bulle werk wat jou uit die kraal uit jaag nie.
Die belangrikste is om ‘n goeie balans te handhaaf en temperament
behoort niemeer as 10% te tel in ‘n seleksie-indeks nie.
Opsomming
Bogemelde gerieflikheidseienskappe ismaar twee aspektewaaraan
beesboere aandag kan skenk om arbeid en koste te bespaar en die
lewe in die algemeen ‘n bietjie makliker te maak. Gee dus aandag
daaraan, maar behou asseblief perspektief oor die belangrikheid
daarvan.
Literatuur
Grandin, T. 2003. Assessment of temperament in cattle and its effect on weight
gain andmeat quality.
/ assessment.
temperament.html.
Grandin, T. 1998. Review: Reducing handling stress improves both productivity
andwelfare.
TheProfessional Scientist
, Vol 14, Nr 1,March, 1998.
Hammack, S.P. 1997.
Cattle types and breed characteristics and uses
. Texas Agri-
cultural ExtensionService, TheTexasA&MUniversitySystem.
Schmutz, S. 2001. Behaviour genetic studies using the Canadian beef reference
herd.
.
Schoeman, S.J. & Jordaan, G.F. 1997. The influence of testing environment on the
rankingof younggrowingbulls.
S.Afr.J.Anim.Sci.
, 27 (3).
Science News, 2001. Better beef through genetics.
/
science08220101.html.
Smith, S.R., Hall, J.B., Johnson, G.D. &Peterson, P.R. 2002.
/
pubs/forage/418-050/418-050.html.
Bullewat baklei is nienoodwendig ‘n teken van ‘n swak temperament nie – eerder ‘nbepaling vandominansie.