SA Graan Oktober 2014 - page 11

Dit beteken dat resultate van veldproewe oor twee opeenvolgende
seisoene, op drie verskillende lokaliteite (verskillende klimaats- en
grondtoestande) voorgelê word. Verder moet monsters van voor-
genome entstowwe deur die LNR-IPB getoets word oor die volle
periode waarop vir rakleeftyd aanspraak gemaak word. Slegs ent-
stowwe wat aan al die vereistes voldoen en wat deur die direkteur
vandie LNR-IPBgoedgekeur is, iswettig.
Ook die entstofras is van groot belang. Net soos Bonsmaras nie vir
melkproduksieof Jerseys vir vleisproduksiegebruikwordnie, is alle
isolate of rasse van ‘n spesie nie effektief vir ’n spesifieke peulplant-
spesie nie. Vir sojabone is
Bradyrhizobium japonicum
byvoorbeeld
die spesie, maar die entstofras is WB 74 – wat oor etlike jare in ‘n
groot verskeidenheid klimaats-, grondtoestande en sojaboonkulti-
vars getoets is endie beste gevaar het. Dit word tans steeds aanbe-
veel deur die LNR. Daar word beweer dat WB74 ou tegnologie is,
maar dit is niewat deurmnrWessel vanWyk vandieProteïennavor-
singstigtingbevind is nie.
Die ras is steeds een van dié wat aanbeveel word in die VSA,
Suid-Amerika en Australië. Verder word soms beweer dat omdat
sojabone uitheems is aan Suid-Afrika, daar geen inheemse soja-
boon-rhizobiums is nie.
Gedurende haar PhD-studies het dr Helga Dagutat rhizobiums wat
uit knoppies van vyf verskillende inheemse peulplantspesies
geïsoleer is, gevind dat die elektroforetiese van profiele totale op-
losbare sellulêre proteïene identies was aan dié van die
B japoni-
cum
-rasWB1,wat destydsdiegoedgekeurde raswas.Dit isegternie
in die praktyk getoets om vas te stel of dit sojabone effektief kan
noduleer nie. Dr Strydom se span het per geleentheid ‘n inheemse
isolaat verkrywat pienk knoppies op sojabone gevorm het,maar dit
was egter totaal oneffektief. Biobemestingspreparate het ‘n B-re-
gistrasieen sulkepreparatemoenievir stikstofbindingoppeulplante
gebruikwordnie.
Dit is dus in belang van die produsent dat die letter en gees van
Wet 36 van 1947 nagekomword en dat geen kortpad gevolg word
met registrasie of die deregistrasie van entstowwe nie. Indien
promiskue entstofrasse gebruik word, kan dit groot skade aan die
peulplantbedryf aanrig indiensulke isolatesterkkompeterend, infek-
tiefmaar totaal oneffektief is.
–Dr Pieter Steyn, emeritus professor (Mikrobiologie)
Antwoord:
Dankie vir Prof Steyn se inset – dit word altyd hoog aangeslaan. Ek
stem saam dat biobemesting ‘n beter Afrikaanse term vir
biological
fertiliser
is en sal dit voortaan sogebruik.
Die artikel se fokus was biobemesting, die organismes wat volgens
die literatuur deel uitmaak van hierdie groep en ook die potensiële
meganismes waarop dit die biobemestingsaksie teweegbring. Die
kommentaar oor peulplantentstowwe wat tans in Suid-Afrika ‘n
aparte L-registrasie geniet, is korrek. Weer eens, die fokus van die
artikel was nie peulplantentstowwe nie, maar organismes wat as
biobemestinggebruikwordendeurWet 36van1947asGroep2Mis-
stowwe (B-nommers) geklassifiseerword.
Ek vra lesers om verskoning indien die inligting in die artikel enige
verwarring veroorsaak het.
–Dr Ronel Hendriks, AMBAfrikaDivisie
OPDIE KANTLYN
Geegerus jóúmening vandiekantlynaf:
083 490 9449
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...124
Powered by FlippingBook