SA Graan November 2014 - page 91

AKTUEEL
d
it het einde Augustus by monde van die ANC se
sekretaris-generaal, mnr Gwede Mantashe, duidelik
geword dat die opsie in terme waarvan produsente
50% eienaarskap aan plaaswerkers moet afstaan, nie
in die kru vorm soos deur die Minister van Landelike
Ontwikkeling, mnr Gugile Nkwinti, voorsien was, afge-
forseer gaanwordnie.
Nkwinti se voorstel was waarskynlik nooit op enige beleidskomitee
van die regerende party of die staat voorgelê nie en is onver-
soenbaar strydig met die veronderstellings van die Nasionale
Ontwikkelingsplan (NOP). Dit is waarskynlik ook so dat die regering
nog nie dieNOP behoorlik aan dieANC of enige van die ander twee
lede vandie alliansie kon verkoopnie.
Cosatu weier steeds volstrek om die NOP by Nedlac te bespreek.
Die gevolg is dat die Plan waarskynlik in bepaalde sektore van die
ekonomie vaardig kanword en in ander sektore, soos diemynwese,
nooit vandiegrond af komnie.
Die vraag is: Het georganiseerde landbou die opsie wat Cosatu
uitoefen? Met ander woorde, kan ons die Plan verwerp en met ‘n
alternatief vorendag kom. Ek twyfel, omdie volgende redes.
Eerstens is landbou in Suid-Afrika te gekompliseerd en divers om
‘n nuwe kompromie te veronderstel. In die tweede plek het landbou
nie die politieke kapitaal van Cosatu om die staat se betrokkenheid
te onderhandel nie. Die staat sal die aard en die omvang van die
“nuwe” plan wil determineer, omdat dít is wat intervensionistiese
state soos dié van Suid-Afrika doen, maar ook omdat grond ‘n be-
langrike konsolidasie-fenomeenbinnediepartygewordhet.
Terwyl daar twyfel is of grondhervormingwerklik die kapasiteit het
om populisties te mobiliseer, is daar goeie rede om te glo dat dit
effektief as ‘n bindingsmeganisme in ‘n egotistiese patronaatstelsel
werk. Grondhervorming is ‘n elite projek, nie ‘n dinamika om die
peasantry
tot konsensus tebringnie.
Wat georganiseerde en kommersiële landbou betref, is die opsies
nie noodwendig legio nie. Indien ons by gebrek aan konsensus nie
die ruimte kan vind om ‘n alternatief te beding nie, moet ons dalk
inkoop op die mees pragmatiese alternatief en dan ons beperkte
bedingingsmag gebruik om bepaalde dimensies van daardie
alternatief teplooi tot ons voordeel.
Die NOP bevestig privaat besit van grond. Jy bly die eienaar van
jou plaas. Die 20% grondwat vir die doel van hervorming ingekoop
word, word bekom in terme van die beginsel van ekonomiese
eenhede en nie die verbrokkeling van gevestigde eenhede nie. Die
aantreklike en noodwendige opsie van grootskaalproduksie kan ook
in so ‘nmodel ingepasword.
Daar is dus genoegsame diversiteit opgesluit in die NOP vir die
komplekse natuur van landbou in die land en die onderskeibare
variasies van die spelreëls kan op ‘n
ad hoc
-basis bedingword. Met
anderwoorde, graanprodusentekan ‘nalternatiewedinamikabeding
wat nie noodwendig versoenbaar is met die produksieproses by
kleinveenie.
Voorst l oorgrondhervormingonversoenbaar strydigmetNOP?
PIETCROUCAMP,
politieke ontleder
POLITIEKE
ont leding
1...,81,82,83,84,85,86,87,88,89,90 92,93,94,95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook