SA Graan November 2014 - page 52

November 2014
50
FOKUS
Natuurlikehulpbronneenenergie
Spesiale
Spilpunt:
Sirkel van sukses
S
pilpunte is ‘n suksesverhaal wat meer as 60 jaar gelede
begin het toe ‘n produsent, ‘n sekere mnr Zybach van
Nebraska, in 1949 in die VSA die eerste spilpunt ontwik-
kel het. Ná verdere ontwikkeling is die eerste bemarkbare
produk in 1952daargestel wat opZybach sebasiese idees gebaseer
is. In Suid-Afrika is die eerste spilpunt eers in 1969 by Soetevelde,
nabyVereeniging, geïnstalleer.
Spilpunte is as gemeganiseerde stelsel baie suksesvol as gevolg
van hul hoë graad van outomatisasie, lae arbeidsbehoefte en
relatiewehoëuniformiteit vanwatertoediening.
Met die aankoop van ‘n spilpunt, is dit eerstens belangrik om seker
temaak dat dit die voordeligste besproeiingstelsel vir die spesifieke
omstandighede is. Hierna kan spesifikasies opgestel word wat as-
pekte insluit, soos:
Diebeskikbaarheid vanwater
Die aanpasbaarheidbydiegrond
Diegewassewat geplant gaanword
Klimaatsvereistes
Topografie
Bestuursvermoëns
InSuid-Afrika isdaar verskeie spilpuntfabrikate te koop. Tans isdaar
ongeveer 370 000 ha besproeiingslandewat deur spilpuntbesproei-
ingstelsels besproei word. Hierdie syfer verteenwoordig ongeveer
23% van die 1 600 000 hektaar onder besproeiing. Die totale aantal
spilpunte in die wêreld geïnstalleer, is ± 450 000, met Suid-Afrika
watmet 18 000 eenhede, oor die vierdemeestebeskik.
Spilpuntbeplanning
Soos met enige suksesvolle besproeiing, beteken dit dat die regte
keuse uitgeoefen moet word by die aankoop van die besproeiing-
stelsel; dat die stelsel landboukundig reg aangepas en reg ontwerp
moet word en natuurlik dat dit reg bestuur word om beskikbare
waterbronne en energieoptimaal tebenut.
Die belangrikste faktore by spilpuntbeplanning wat in ag geneem
moet word, is:
Water
Hoeveelheid
By benaderingword 4 (m³/ha)/hektaar benodig. Dit is ‘n funksie van
die gewaswaterbehoefte en hierdie inligting moet vir ‘n spesifieke
klimaatsgebied by gewaskundiges verkry word. ‘n Spilpunt van
30 ha grootte se kapasiteit is dus 120 m³/h. Indien die gewas
500mm (5 000m³/ha) water in sy groeisiklus benodig, is ‘n volume
van 150 000m³water nodig vir die 30ha spilpunt.
Kwaliteit
Water word geklassifiseer om die aanvaarbaarheid vir die grond en
gewas te beoordeel, maar dit is ook belangrik om die aggressiwiteit
vas testel.Ditwil sê, asdiewater vretendof deponerendvanaard is,
wat ‘n invloedopdie toerusting kanhê.
Suiwerheid
Dit is veral belangrik by die bestuur van ‘n sisteem. Verstopping van
tuite en spuitkoppe, slytasie van pompe en sprinkelaars en opblok-
king vanpype is tipieseproblemewat bestuurmoet word.
Grond
Infiltrasievermoë
Spilpuntese toedieningstempokanvan20mm/ha - 300mm/hawees
en die grondmoet die vermoë hê om tenminste 25mm per keer te
kanopneem, sonder dat dit afloop. Toetsekanmet ‘n infiltrasiemeter
uitgevoer word om die grond se infiltrasievermoë vas te stel, sodat
diehidroulieseontwerp vandie spilpunt bydiegrond kan aanpas.
Voghouvermoë endiepte
‘n Goeie waterhouvermoë met ‘n redelike diep grond verseker ‘n
langer sikluslengte en piekbehoeftes kan oorbrug word met die
grondwat as buffer kandien.
Gewasse
Feitlik enige gewas kan onder spilpunte verbouword. Spilpunte het
hoë, sowel as lae profielstrukture, wat dit moontlik maak om ge-
wasse, soos groente, grane, tabak en suikerriet te besproei. Hoewel
wingerd en boordgewassewel met spilpunte besproei kanword, is
dit nie ‘n algemene verskynsel nie.
Klimaatsvereistes
Waterbehoefte
Elke gewas het ‘n bepaalde waterbehoefte wat wissel deur die sei-
soen. Dit is egter onprakties en onekonomies om vir die absolute
piekbehoeftevir eendag,wat soveel as 10mm/dag - 20mm/dag kan
wees, teontwerp.
Aangesien beskikbare water in die grondwaterreservoir as ‘n buf-
fer kan dien wanneer die waterbehoefte groter is as die aanvulling
deur die stelsel, kan vir ‘n laer piekbehoefte ontwerp word. Vir elke
mm/dagekstrakandiekostemetongeveer5%permmverhoogword.
Wind
Wind benadeel die verspreiding van diewater en dus die eweredig-
heid van toediening. Dit sal ook hoër verliese tot gevolg hê, wat die
toedieningsdoeltreffendheidbenadeel.
Temperatuur
Warmdaehet groter verdampingsverliese tot gevolgenmoet inaan-
merking geneemword, terwyl die temperatuur onder vriespunt kan
daal tydens kouenagte endie vasysing vanwater tot gevolg kanhê.
Topografie-evaluering
Grootte en vorm
Alle permanente grense, verspreidings en areas wat nie besproei
magword nie, moet in ag geneemword. Met ‘n spilpunt wat ‘n reg-
hoek benat, word 21% van die area nie benut nie, maar deurmiddel
vanhoekaansluitingstoerusting kandit ook besproei word.
FELIXREINDERS,
LNR-Instituut vir Landbou-Ingenieurswese
1...,42,43,44,45,46,47,48,49,50,51 53,54,55,56,57,58,59,60,61,62,...100
Powered by FlippingBook