Mei 2014
30
Langgewens, wat ‘n totale bewerkbare oppervlakte van 800 ha het,
is vir die ontleding gebruik. Dit beteken dus dat die koringmonokul-
tuurstelsel 100% vandie 800ha vir koringproduksie inbeslagneem.
Al die ander stelsels het dus variërende oppervlaktes onder koring-
produksie (wissel tussen25%en75%) gehad,maarhet ook ‘n inkom-
ste vandie ander gewasseof veebygekry.
Tabel 1
toon die gemiddelde koringopbrengs asook die totale tonne
koring geproduseer en die rangorde van totale koringproduksie per
plaas aan.
Dit isverstaanbaardat diemonokultuurkoringverbouingstelsel,waar
die hele bewerkbare oppervlak beplant word, die hoogste totale ko-
ringproduksie sou hê. Om egter dieware impak van die gebruik van
alternatiewegewasse, insluitendepeulgewasse, tebegrypmoet ons
nou die gemiddelde totale brutomarge vir die boerdery (R/ha) oor
dieselfde tydperk in agneem.
Diegemiddeldebrutomarge (
Tabel 2
) vir elke stelsel hierbogenoem
is dus ook oor die tydperk vanaf 2002 tot 2012 (sonder 2003) bepaal.
Werklike inkomste enwerklike koste is gebruik omdie brutomarges
te bepaal. Die waardes wat weergegee word, is nie net die koring
bruto marge nie, maar dié van die hele plaas wat insluit ander ge-
wasse asook vee-inkomste.
Vir die kontantgewasstelsels is dit ‘n brutomarge van die gewasse,
wat hetsy van die stelsel kanola- en lupienverbouing insluit. Vir die
gewas/weidingstelsels is dit die totale brutomarge vir die boerdery
wat die bruto marge vir die gewasse asook die bruto marge van
die lewende hawe insluit, wat opgemaak word uit die vleis- enwol-
produksie vandie skape.
Dit is baie interessant om die verandering in rangorde tussen die
verskillende stelselswaar teneem.Monokultuurkoringverbouingval
vannommer een inkoringproduksienanommer seweasdit by totale
bruto marge van die boerdery kom, terwyl ‘n stelsel soos koring-
medic-kanola-medicmet slegs25%vandiebewerkbaregrondonder
koringverbouing, van laaste in koringproduksie na tweede by totale
brutomargevandieboerderyspring.Dieeffekvankanolaná ‘npeul-
plant-weiding kanduidelik gesienword inhierdie sprong.
Tabel 3
dui aan hoe die verskillende stelsels wat getoets is, in to-
tale bruto marge vir die boerdery verbeter het as ons monokul-
tuurinkomste as ‘nbasis sougebruik.
Uit hierdie syfers is dit duidelik dat monokultuurverbouing van
koring die spreekwoordelike
dead donkey
is. Volhoubare graanpro-
duksie indieWes-Kaap lê opgesluit inbewaringslandbou. Die kombi-
nasievanwisselbou,minimumgrondversteuringenoesresidubestuur.
Produsentemoet net onthoudat diepryse vanprodukteoor tyd kan
verander en dit sal die winsgewendheid van die stelsel dramaties
beïnvloed. As kanolapryse tenopsigte van koringpryse verbeter, sal
die resultatedramaties verander.
Indien kanolapryse ten opsigte van koringpryse verswak, sal die
winsgewendheid ook drasties beïnvloed word. Veepryse relatief
tot graanpryse sal ook die winsgewendheid van die stelsels drama-
ties beïnvloed. Elke produsent sal sy eie stelsel moet opmaak en dit
vergelyk,maardat daar ‘nvoordeel inwisselbou is, isongetwyfeldso.
As daar enige navrae is, kan dr Johann Strauss by dieWes-Kaapse
Departement van Landbou gekontak word by 021 808 5479 of
PietmanBothaby 082 759 2991.
Bewaringslandbou enwisselbou
–
hoe raakdit dieSwartlandprodusent se sak?
STELSEL
GEMIDDELDEBRUTO
MARGER/HA
TOTALEBRUTOMARGEVIRDIEBOERDERY
MET ‘N 800HALANDER/PLAAS
RANGORDE INTOTALEBRUTO
MARGEVIRDIEBOERDERY
KKKK
2 022
1 617 600
7
CKKK
2 684
2 145 600
5
LKCK
3 051
2 440 800
4
LCKK
2 495
1 996 000
6
MCMK
2 985
2 388 000
2
MKMK
2 972
2 377 600
3
MkKMkK
3 402
2 721 600
1
TABEL 2: RANGORDE VANDIEPLAASSE TOTALEBRUTOMARGE (800HA) TUSSENVERSKILLENDEWISSELBOUSTELSELS, AFGELEI VANAF
DIEGEMIDDELDEBRUTOMARGE (R/HA), VIRDIE TYDPERK 2002 TOT ENMET 2012, SONDER 2003 (K=KORING, C=KANOLA, L= LUPIEN,
M=MEDIC, k=KLAWER).
FOKUS
Geldsakeenversekering
Spesiale
‘nVoorbeeld van een vandie kampebinnediewisselbouproefmet bord-
jieswat rotasies aandui.
‘n Voorbeeld van koring geplant met ‘n AUSplow tandplanter met
300mm spasiëring.