Background Image
Previous Page  61 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 150 Next Page
Page Background

2015

55

G

RAANGIDS

Versekeringsopsies vir trekker-

en stroperbande

Die meeste buitebandvervaardigers waarborg hulle produk vir vyf

jaar teen enige vervaardigingsdefek wat ontstaan of kan ontstaan

vanaf die vervaardigingsdatum (soos op die bande aangebring),

óf tot die band afgeloop is, watter een ook al eerste kom. Wanneer

‘n band nie kan funksioneer nie as gevolg van ‘n vervaardigings-

fout, word die slytasie van die loopvlak gemeet en die eiser word

vergoed vir die deel wat nie gebruik is nie.

‘n Produsent kan die bande van landboutoerusting teen skade of

verlies wat vanuit die boerderybedryf ontstaan, verseker. (Vervaar-

digingsdefekte uitgesluit, behalwe as dit anders onderskryf is.)

Implemente kan ook teen skade en verlies wat deur ‘n ongeluk of

brand ontstaan, verseker word. In hierdie gevalle word die bande

as deel van die implement gesien indien dit só in die verseke-

ringspolis onderskryf is.

Skrywer: Jean-Maré Theron, Verkoopskonsultant, Tubestone

JHB TRACTOR SPARES