Graangids 2014 - page 61

Veiligheid van plaaswerkers:
Hoe gemaak as ‘n werknemer aan diens beseer word?
6. Beveel regstellende stappe en verbete-
rings aan, en hou ‘n noodvergadering
met alle personeel om veiligheidsbewust-
heid te verskerp “toolbox”.
B. Rapporteer die ongeluk korrek:
1. Werkgewers moet Deel A van die
W.CL.2-vorm invul – die vorm is op die
Departement van Arbeid se webtuiste of
by enige dienssentrum beskikbaar.
2. Werkgewers moet Deel B van die
W.CL.2-vorm afskeur en dit so gou as
moontlik aan die dokter of hospitaal
verskaf.
3. Werkgewers moet die volledige vorm (in-
sluitend die dele deur die dokter voltooi
– W.CL.4) aan die Vergoedingsfonds
stuur. Mediese bewyse speel ‘n belang-
rike rol wanneer aanspreeklikheid vir
die betaling van vergoeding en mediese
uitgawes bepaal word; daar is drie tipe
verslae:
a. Eerste mediese verslag: W.CL.4.
b. Verslae van mediese vordering:
W.CL.5.
Hierdie verslae word maandeliks
ingedien wanneer die werknemer
langdurige mediese behandeling
ontvang en gevolglik afwesig is
weens beserings wat in ‘n ongeluk
opgedoen is.
c. Finale mediese verslag: W.CL.5.
Hierdie verslag moet ingedien word
sodra die werknemer se toestand
gestabiliseer het.
4. Die hervattingsverslag (W.CL.6) moet
deur die werkgewer ingevul word onmid-
dellik nadat die werknemer werk hervat.
* Dit is belangrik dat die werkgewer nie
vir volledige dokumentasie moet wag
voordat ‘n ongeluk aangemeld word nie.
Skakel die LWO Werkgewersorganisasie by
0861 101 828 vir meer inligting.
Bron: LWO Werkgewersorganisasie
Vervolg van bl. 53
2014
55
G
RAANGIDS
1...,51,52,53,54,55,56,57,58,59,60 62,63,64,65,66,67,68,69,70,71,...174
Powered by FlippingBook