Graangids 2014 - page 59

Veiligheid van plaaswerkers:
Hoe gemaak as ‘n werknemer aan diens beseer word?
Wees proaktief:
Die beste manier om veiligheid in enige werks-
plek te verseker, is om eerstens sesmaandelikse
veiligheidsopleiding aan alle personeel te
verskaf, en tweedens weeklikse gesprekke oor
potensiële gevare en risiko’s in die werksplek
asook voorkomende optredes met die werkne-
mers te voer. Rekord moet van alle gesprekke
gehou word.
Die plaas is ‘n uitdagende omgewing, bloot-
gestel aan verskeie potensiële veiligheid- en
gesondheidsrisiko’s wat geskep of veroorsaak
word deur onder meer diesel, voertuie, masji-
nerie, chemikalieë, lewende hawe, omgewing
(brande, weerstoestande en natuurrampe),
hoë stroomspanning, swaar vragte, swak etiket
teenoor kliënte en medewerknemers en nog vele
meer. Risiko neem toe in die geval van ongelet-
terde en ongeskoolde werknemers.
Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om
‘n veilige werksomgewing te skep. Opleiding
in terme van korrekte werkswyses en gebruik
van toerusting is nodig. Hierdie opleiding
verwys kortliks na algemene veiligheidsvoor-
sorgmaatreëls, higiëne en huishoudpraktyk,
spanwerk, veiligheidsbewustheid en beplanning
rondom prestasieverbetering.
“Toolbox”-opleiding is van kritieke belang. Dit
behels ‘n 15 minuut-lange weeklikse gesprek
met werknemers oor praktiese gebeure aan die
hand van gevallestudies: Wat het/kan gebeur
indien risiko’s nie bekamp word nie? Sirkuleer
byvoorbeeld beeldmateriaal oor ‘n trekker
sonder sy “PTO-cover” asook die besering/
afsterwe as gevolg daarvan. Die rekordhouding
van hierdie kommunikasie is baie belangrik
– laat almal teenwoordig ‘n presensielys teken
wat die inhoud van die gesprek en beeldmate-
riaal volledig beskryf, en hou dit op lêer.
Hierdeur verseker die werkgewer dat daar
deurlopend aandag aan veiligheidsbewustheid
geskenk word.
Besering/afsterwe aan diens – wat nou?
Die ongeluk moet eerstens ondersoek word en
tweedens binne sewe dae nadat dit plaas-
gevind het, korrek by die ongevallekommissaris
(Departement van Arbeid) deur die werkgewer
gerapporteer word, soos vereis deur die wet.
A. Ondersoek van ‘n ongeluk:
1. Sper die ongelukstoneel af deur die area
met lint af te baken. Indien ‘n persoon
oorlede is, moet die totale ongeluksto-
neel onaangeraak gehou word totdat die
polisie op die toneel verskyn. In die geval
van ‘n besering, ontbied die nooddienste
so gou as moontlik.
2. Versamel soveel as moontlik inligting
aangaande die ongelukstoneel. Voer
onderhoude met ooggetuies en verseker
dat dit as ‘n verklaring opgeteken word
en elke bladsy volledig onderteken word.
3. Neem soveel as moontlik foto’s om as
bewysstukke te dien.
4. Bepaal die volgorde van die gebeure wat
tot die ongeluk gelei het.
5. Bepaal die oorsaak/oorsake wat tot die
ongeluk gelei het.
Vervolg op bl. 55
2014
53
G
RAANGIDS
1...,49,50,51,52,53,54,55,56,57,58 60,61,62,63,64,65,66,67,68,69,...174
Powered by FlippingBook