SA Graan Oktober 2014 - page 53

51
October 2014
Ciskei en Transkei boer, word daar sterk
klem op opleiding, ontwikkeling en men-
torskap gelê. Dit word gedoen deur middel
vanondermeer inligtingsdae, besoekedeur
produksie-adviseurs, kuddekompetisies en
kort kursusse.
Infrastruktuur-
ontwikkeling
‘n Aspek waaraan eweneens baie aandag
gegee word, is die ontwikkeling van in-
frastruktuur in dié gebiede. Dit sluit in die
opknapping van bestaande en die oprigting
van nuwe skeerskure, dipgeriewe en die
voorsiening vanbyvoorbeeld sorteertafels.
Omdat die kommunale produsente se
veekuddes gewoonlik redelik klein is, word
hulle aangemoedig om hulle wol by hul
naaste skeerskuur gesamentlik te skeer,
voor teberei en tebemark.
Sedert die aanvang van die diens in 1997 is
meer as300skeerskuregebouof opgeknap,
terwyl ‘n groot aantal produsente oplei-
ding ontvang het in dieregesondheid,
veeteelt en die klassering en behoorlike
verpakking van hul wol soos deur diemark
vereisword.
DieNWKV het indieselfde jaar ook ‘n gene-
tiese verbeteringskema van stapel gestuur
met die doel om die genetiese gehalte van
die skape wat geteel en die wol wat gepro-
duseer word, te verbeter. Die skema be-
hels die jaarlikse aankoop van uitgesoekte
ramme van kommersiële produsente wat
nabydiekommunalegebiedeboer sodat die
diere vir dieomgewing aangepas is.
Swak ramme in die kommunale produsen-
te se kuddes word dan met goeie ramme
vervang. Altesame 36 830 ramme van ge-
halte is oor die afgelope elf jaar in kommu-
nale gebiede gevestig. Die ramskema het
wolproduksie en die gehalte van die wol in
hierdie gebiede opmerklik help verhoog.
Die skema word deur die Departement van
Landelike Ontwikkeling en Grondhervor-
mingbefonds. In termevandieooreenkoms
met die departement, moet opkomende
produsente ook betrek word en drie pro-
dusente is reeds geïdentifiseer om in die
toekoms ramme vir die skema te teel.
Armoedeverligting
Produsente is ook gehelp om beter mark-
toegang te kry en hul wol deur middel van
die formele mark (openbare wolveilings) te
bemark waar hulle mededingende pryse
ontvang, in stede van om aan smouse te
verkoopwat uiters lae pryse betaal. Dit het
tot ‘n dramatiese toename in die inkomste
uit wol indie kommunalegebiedegelei.
Net 222 610 kg wol is in die 1997/1998-sei-
soenuit diégebiedeper veilingverkoop;wat
aandieprodusenteR1,5miljoenbesorghet.
In die 2013/2014-seisoen het die volume
wol wat op die veilings verkoop is, tot
3,8miljoen kggestyg enhet dieprodusente
se inkomste daaruit bykans R138 miljoen
beloop – ‘n aansienlike verhoging in die
inkomste van die kommunale produsente
vergeleke met die beginjare van die diens.
Wol het gevolglik oor die afgelope elf jaar
‘n groot bydrae tot armoedeverligting in dié
gebiedegelewer.
Die NWKV se programme vir kommunale
en opkomende produsente word deur die
Departement van Landelike Ontwikkeling
enGrondhervorming ondersteun. Die orga-
nisasie is tans ook besig om koöperasies in
die kommunalegebiede te vestig.
Van die beste terwêreld
‘n Skeerderopleidingsprogram om skeer-
ders vir die bedryf op te lei word ook deur
die NWKV bedryf. Die organisasie werk
hard daaraan om meer Suid-Afrikaanse
burgers in die skeerspanne te kry en die
werkskeppingsprogram van die regering
te ondersteun. Tot onlangs het die meer-
derheid skeerders uit Lesotho gekom. Die
skeerderopleidingsprogram is ook by die
AgriSETAgeakkrediteer.
Suid-Afrika se skeerders vergelyk goed
met skeerders in ander lande. Ons hand-
skeerders is van die beste in die wêreld
en oorheers reeds sedert 1996 die hand-
skeerafdelingopdieGoldenShearsWêreld-
skaapskeerkampioenskappe wat elke twee
jaar gehou word. By die jongste byeen-
koms wat in Mei vanjaar in Gorey, Ierland,
gehou is, is die Suid-Afrikaners weer as
wenner en naaswenner in die handskeer-
afdeling gekroon. Skeerders uit 27 lande
het deelgeneem. Om die kroon te span,
het ‘n Suid-Afrikaner ook die handskeer in
die ope-afdeling van die Ierse Nasionale
Skeerkampioenskappe, wat terselfdertyd
gehou is, gewen.
Effektiewekommunikasie
Die NWKV kommunikeer met sy lede deur
middel van sy webtuiste, ’n tweemaande-
likse tydskrif –
dieWolboer
– en ‘nmaande-
likse elektroniesenuusbrief.
Die Wolboer
is ‘n glanstydskrif met ‘n wye
verskeidenheid artikels wat wissel van
biosekuriteit, algemene veesiektes, roof-
dierbestuur, verskillendeproduksie-aspekte
tot markinligting, wolbevordering en nuus
uit diebelangrikstemarkte virwol.
Dit bevat ook ‘n tweemaandelikse boerde-
rybestuurskalendermet ‘n lys vanbestuurs-
aksies wat as belangrik vir die komende
tweemaandebeskouwordendieprodusent
kanhelpom sy veekuddebeter tebestuur.
Ingeskrewe lede van die NWKV ontvang
die tydskrif gratis; die elektroniese nuus-
brief is ook gratis aan alle belangstellen-
des beskikbaar.
Benewens jaarvergaderings in die onder-
skeie streke, hou die NWKV ook ‘n jaarlikse
kongres in Port Elizabethwaar sake van be-
langbespreekword.
Verder is die NWKV ook betrokke by die
International Wool Textile Organisation
(IWTO) en woon die vergaderings by. Die
IWTO is die oorkoepelende liggaamwat die
internasionale wolbedryf verteenwoordig,
standaarde daarstel en wol bevorder. Die
NWKV was ook betrokke by die internasio-
naleMerino-konferensiewat vroeër vanjaar
inStellenboschgehou is.
‘nSosiale gewete
Die vereniging beywer hom vir die welsyn
van diere en volhoubare boerderymetodes,
wat belangrike kwessies vir die verbruiker
geword het. Verbruikers begin toenemend
aandring op naspeurbaarheid en wil weet
wat die oorsprong van die diereprodukte is
wat hulle koop, hetsydit klereof vleis is. Die
NWKV was instrumenteel met die ontwik-
keling van ‘n Kode vir Beste Praktyke wat
riglyne aan produsente verskaf om wol te
produseerwat omgewingsvriendelik envol-
houbaar is en na die welsyn van die skape
om te sien.
Om dierewelsyn verder te ondersteun en te
bevorder, is dieNWKV lid van die Livestock
Welfare Co-ordinating Committee (LWCC)
wat 35 jaar geledegestig ismet diedoel om
wreedheid by abattoirs te voorkom, maar
nou ‘n wyer rol het en onder meer kodes
vir beste praktyke vir die verskillende vee-
rasseopstel.
Kontak NWKV se hoofkantoor by 041 365
5030of besoek
.
Een vandie skeerskurewat indie voormaligeCiskei opgerig is endeur produsente indieomgewing
gebruikwordom jaarliks hulle skape te skeer enhulwolmarkgereed te kry.
1...,43,44,45,46,47,48,49,50,51,52 54,55,56,57,58,59,60,61,62,63,...124
Powered by FlippingBook