AKTUEEL
Goeiearbeidspraktykeen
-verhoudinge indie kollig
T
harina van Rooy (‘n nooi Claassen) boer al die afgelope
35 jaar op die plaas Vryheid in die Parys-/Sasolburg-
distrik. Sy het amper geen personeelomset nie en van
diewerknemers is al die derde geslag van ‘n familiewat by
haarwerk.
“Ek probeer ten alle tye menswaardig optree en behandel my
mense ook so. Ons is almal net mense en die bloed in almal se
are is rooi,” sê sy wanneer sy gevra word wat haar benadering tot
arbeidspraktyke is.
Sy glo ‘n mens moet streng, maar regverdig wees en verwag van
haarwerknemers dat hullegedissiplineerd, stiptelik ennetjies is.
Betaaltyd is nie bakleityd nie
“Ek spreek hulle aan as dit nodig is, maar betaaltyd is nie bakleityd
nie.Gee jouwerknemerspresieswat jymet hom/haarooreengekom
het. Maak vooraf seker dat hyweet wat hy gaan verdien enmoenie
hommet hoop en verwagting laat werk vir wat hy nie gaan kry nie,”
sêsy. “Geeookelkemaandvir ‘nhulle ‘nbetaalstaat (
payslip
)waarop
alles aangedui word – selfs diedae verlof aanhom verskuldig.
“Dit is vir werknemers baie belangrik dat hulle moet weet hulle is
vir werkloosheid geregistreer en dat dit stiptelik oorbetaal word. Ek
betaal ook vir my werknemers en hulle gades vir ‘n begrafnispolis
(R35/maand) wat by afsterwe tussenR6 000 enR10 000uitbetaal.
“Met die hoë sterftestatistiek in ons land, is dit belangrik. Dit kos
jou aswerkgewermingenoeg.Wees danook simpatiek sou ‘nwerk-
nemer of eenvanhullegeliefdessterf,” raai symedeprodusenteaan.
“Stel in hulle as mense belang en moenie net ‘n slawedrywer
wees nie.”
Behuising
Tharina verskaf al die afgelope 35 jaar behuising aan haar werk-
nemers.
“Ek is streng op netheid by die huise en hulle moet ook ‘n bietjie
tuin maak. As daar ‘n nuwe werknemer intrek, ontvang hy sy huis
netjies – alles in ‘n werkende toestand. By diensbeëindiging moet
hydit weer so afgee voordat hy sy finale afrekeningstaat ontvang.
“Dit is wel vir my baie belangrik dat elke werknemer ook ‘n erf
(
stand
) in die dorp op sy naam geregistreer moet hê, en waar
moontlik, staan ek hullebyomdit teprobeer bekom.”
Tharina poog om met ‘n klein hoenderboerdery op die plaas, die
werknemers se gades te akkommodeer, maar baie van die vrouens
verkies om, as gevolg van die plaas se ligging, eerder in die dorp
tewerk.
Kliniek
“Ek praat openlik met die mans en vrouens oor Vigs en moedig
hulle aan om bewus te wees van hul status en om dan die nodige
medikasie te kry. Die rondgaande kliniek doen darem ook gereeld
en getrou op die plaas aan en ek stel ‘n perseel op die dorp tot die
kliniek sebeskikking.”
Opvoeding
Die kinders op die plaas moet ook skool toe gaan en Tharina pro-
beer sovermoontlik belangstel inhulle vordering.
“In ons omgewing is daar ‘n landbouskool (Weiveld) met bussewat
die produsente ondersteun. Dit is goed vir die opleiding en ophef-
fing van die kinders. Sasol het ‘n kollege op Sasolburg en dan is
die Noord-Wes Universiteit se Vaaldriehoek kampus ook nog naby.
As daar kinders is met potensiaal, dan help jy die ouers maar soos
jy kan – al is dit net met raad of deur hulle te help met aansoeke
vir beurse.
Sy sal ook altydeers kykof synievanhaar bestaandepersoneel kan
bevorder voordat sy ‘n persoon van buite aanstel nie. “Ek stuur my
werknemers ook op relevante kursusse as ek kan.”
Kommunikasie is baie belangrik vir Tharina. “Ek deel ons suksesse
en mislukkings met hulle. Enige blanke bestuurder wat aangestel
word, moet ‘n swart taal magtig wees sodat alle opdragte aan die
werknemers inhulle taal vir hul gegee kanword.”
Tharina sluit af: “Weet jy, eintlik pas hierdiemensemyop...”
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur,
SAGraan/Grain
–TharinavanRooy
Reeks
1: Tharina vanRooy saammet ‘npaar vanhaarwerknemers voor hulle
huise. Daar is ‘nhegteband tussenhulle en sy sê: “Eintlikpas hierdie
mensemyop.”
2: Tharinapoogommet ‘n kleinhoenderboerderyopdieplaas ookdie
werknemers segades te akkommodeer.
1
2
113
October 2014