SA Graan Julie 2014 - page 25

23
July2014
variërende bemesting in die verskillende
gedeeltes. Dit het tot ‘n mate verhoed dat
gronde se vrugbaarheidstatus verder agter-
uitgegaan het weens verhoogde produksie.
Die res van data is irrelevant vir die artikel
oor kalkhoeveelhedeweensdieVRTopNen
Pwat gevolg is.
Daar is baie suksesverhale soos die vooraf-
gaande,maarookbaie teleurstellende resul-
tate ten opsigte van opbrengsverhogings.
Die streeksimpak daarvan om slegs na een
benadering te kyk en alle ander aspekte
rakende plantvoeding te ignoreer tydens
kalkbehoeftebepalings, het byvoorbeeld
veroorsaak dat die Noordwes Provinsie
endieWes-Vrystaat sedolomietverkopedie
laaste paar jaar drasties gedaal het (kalk-
maatskappye kan dit bevestig) en kalsiet-
verkope het daarteenoor weer drasties
gestyg.
Vandag sit ons met ‘n situasie waar mag-
nesium (mg/kg) vlakke in die gronde van
hierdie twee streke baie gedaal het en pro-
dusente/landboukundiges al hoe meer kan
getuig van Mg-tekorte. Van die grootste
grondlaboratoriums in Suid-Afrika bevestig
dié tendens in die verskeie streke. Dit was
dus gedeeltelik die verkeerdebenadering.
Die produsent is die een wat as gevolg
hiervan moontlike inkomste/opbrengs kon
verloor. Magnesium speel ‘n belangrike rol
in die plant om sy fabriek (fotosintesepro-
ses) 100% te laat funksioneer, sodat plant-
voedingstowwe opgeneem en uiteindelik
gestoor kan word vir latere gebruik tydens
pitvulling.
Meesteprodusente inSuid-Afrikastuurhulle
grondmonsters na plaaslike laboratoriums
en anderweer hoofsaaklik na laboratoriums
in die VSA. Daar word dan ook deur die
landboukundige/agent aan die produsent
leiding gegee oor hoekom hy een labora-
torium bo ‘n ander moet kies. In die proses
word daar ongelukkig ook partymaal na
Suid-Afrikaanse laboratoriums verwys as
“nieop standaardnie”.
Daar kan nie verwag word van die pro-
dusentomhieroor‘nbesluitteneemnieenhy/
sy isdanuitgeleweraandie landboukundige/
agent se aanbevelings. Elke laboratorium
het verskillende ekstraksiemetodes om die
beskikbaarheid van plantvoedsel te bepaal
en ‘n spesifieke ekstraksiemetode is by al
die laboratoriums in Suid-Afrika beskik-
baar sowel as oorsee. Die landboukundige/
agent kan kieswatter ekstraksiemetode ge-
bruik moet word; dus behoort die “nie op
standaardnie”-redenasie irrelevant tewees.
Suid-Afrikaanse laboratoriums ondergaan
jaarliks kwaliteitskontroles deur AgriLASA
en word daarom gereken as van die mees
akkurate ontledings in die wêreld. In lande
soos Australië, is grondmonsters agt keer
duurder as inSuid-Afrika endie produsente
kan glad nie bekostig om grondontledings
te
grid
vir presisieboerderyregstellings nie,
wat hulle baie frustreer. Suid-Afrika is een
van diemin landemet goedkoop grondont-
ledings en produsente moet dit gebruik tot
hulle voordeel.
Die grondontledingsresultate wat vanaf ‘n
grondlaboratorium ontvang word, word
deur ‘n landboukundige geïnterpreteer en
dan word daar bereken hoeveel kalk word
benodig ten einde die voedingstatus van
diegrond tot op ‘n sekerediepte teverbeter.
Die tipe bewerkingstelsel (geenbewerking
teenoor konvensioneel), diepte van ver-
menging, meerjarige gewas asook klip-
perigheid in bogronde, sal die hoeveelheid
kalk wat benodigword, bepaal. Produsente
moet navraagdoenby landboukundigesoor
finaleaanbevelings endit nienet slaafs aan-
vaar enbegin toediennie.
Hier is ‘n baie kort opsomming vir die pro-
dusent ommeer duidelikheid te kry rakende
watter benaderingom te volg enwanneer.
Kalkhoeveelheid
Dit neem ten minste die hele reënseisoen
om kalk te laat oplos. Fynheid van kalk sal
die hoeveelheid wat oplos bepaal. Verwag
dus die grootste uitwerking op bekalking in
jaar twee. Te veel kalk per hektaar se pro-
bleme sal ook eers uitwys in jaar twee en
afleidings ten opsigte van bo-norm-toedie-
nings moenie al in die eerste seisoen ge-
maakwordnie.
Sanderigegrondemetminderas15%sliken
klei se duimreël-kalktoediening vir 30 cm-
diepte-vermenging isminofmeer 3 ton/ha -
3,5 ton/ha. Daar word vandag ook
6 ton/ha - 8 ton/ha kalk aanbeveel op san-
derige gronde – dit sal na alle waarskynlik-
heidopbrengsskade veroorsaak.
Waar teveel kalkperhektaar indievormvan
kalsiet toegedien is omrede net na katioon-
verhoudings opgelet is en/of formules ver-
keerdwas, is die persentasie Ca by van die
produsenteverhoogna75% - 80%vanKUK.
Die gevolg van die nuwe problemewat nou
geïnduseer is deurdat Mg- en K-tekorte
begin uitgewys word, is dat produsente
nou baie meer geld aan Mg en kalium (K)
as onderhoudsbemesting moet spandeer,
want grond kan nie meer genoeg stoor nie
weens die feit dat dieuitruilkompleks groot-
liks versadig is met Ca. Opbrengsverliese
kan verkry word, die produsent se ervaring
is negatief, plus dit gaan sy bemestings-
koste verhoog.
Gipstoediening
Gips los baie vinniger op as kalk enbenodig
slegs 25 mm/ha-watertoediening om op te
los. Gipsword toegedien as ‘nplantvoeding
(Ca+S) of ditword toegedienomoortollige
soute, soosnatrium (Na) enMg, uit bogrond
te verwyder. Met sandgronde is die risiko
van gipstoediening dat Mg-vlakke altyd sal
daal nadat gips opgelos het en al word die
gips saammet dolomitiese kalk toegedien,
sal gips alreeds die Mg verwyder het teen
die tyddat die kalk beginhet omop te los.
Gipstoediening by swaarder gronde vir
die verwydering van oortollige Mg en Na
is slegs effektief as water kan infiltreer na-
dat natrium en Mg in die grondoplossing
beland het. Indien waterinfiltrasie nie deur
bewerkingof kalktoediening verbeter is nie,
sal gips nie die gewenste uitwerking hê nie
en grond sal steeds hard bly of selfs harder
wordná gipstoediening.
Neutraliseergrondsuurheid
Wanneer meeste grondtipes in Suid-Afrika
se pH begin daal na onder pH (KCl) 4,5, raak
aluminium oplosbaar wat wortels sal beska-
dig, veral as gronde begin uitdroog gedu-
rende ‘ndroëperiode.
Die situasie moet ten alle koste vermy
word, want dit sal jou opbrengs verlaag
of dan jou risikobaieverhoog.
In so ‘n geval moet bekalkword volgens pH
engrondsuurheid.
Dieselfde planterry en dieselfde grondtipe
(twee lande is een landgemaak)met kalkwat
in twee verskillende seisoene toegedien is.
Gestroop in 2012 (2010 se kalk ten volle op-
gelos)met 1,8 ton/ha verskil inopbrengs! Die
vollewerkingwas dus sigbaar ná jaar twee.
Bonheim-grondtipes (swaarkleigronde) sehardekluitehet in twee jaarnadatkalsitiesekalk toegedien
isenkalsium (Ca) verhoudingsverhoog isna72%, sagtergewordengrondewasbeterdeurlug.Graan-
sorghumdroëland-opbrengste inSettlers (Limpopo) is indiégevalmet 1,4 ton/haverhoog.
1...,15,16,17,18,19,20,21,22,23,24 26,27,28,29,30,31,32,33,34,35,...100
Powered by FlippingBook