DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႅႈ
tariewe wat selfs laer was as die vasgestelde tariewe waarop in die Uruguay-rondte
van die AOTH ooreengekom is.
Vir die 1994/1995-seisoen is die pryse, heffings en ander bemarkingsreëlings
ten opsigte van landbouprodukte deur die Minister van Landbou bepaal en was
al die rolspelers verplig om dit te eerbiedig. As gevolg van ontevredenheid van
verskeie rolspelers hiermee, het die Minister opdrag gegee dat ’n nuwe mieliebe-
markingskema vir die 1994/1995-seisoen ontwikkel moet word, vir welke doel die
sogenaamde Mieliefasiliteringskomitee (MFK) onder leiding van mnr Attie Swart
in 1994 ingestel is.
Die MFK se aanbevelings is deur die Mielieraad aanvaar en die skema is deur
middel van die Nasionale Bemarkingsraad (NBR) aan die Minister voorgelê. Die
Minister het egter nie die aanbevelings aanvaar nie, oënskynlik as gevolg van die
invloed van die Voorsitter van die NBR. Weens die NAMPO-kongres se uiterste
ontevredenheid met die Minister se besluit, is die MFK versoek om die saak weer
te oorweeg. Uiteindelik is die MFK se effens gewysigde voorstel aanvaar. Die be-
langrikste elemente daarvan was:
• Verkooppryse sal sonder enige statutêre inmenging in die markplek gevorm word.
• Die Mielieraad sal ’n surplusuitvoerpoel bedryf en alleen die Mielieraad mag
mielies uitvoer.
• ’n Stabilisasieheffing sal volgens ’n vaste formule op alle binnelandse verkope
gehef word om die produsenteprys van die surplusuitvoerpoel te stut.
In opdrag van die Minister is die samestelling van die Mielieraad onveranderd ge-
laat, soos ook die beheerde gebiede.
In 1996 is die eenkanaaluitvoerpoele aangepas om direkte uitvoere deur interna-
sionale handelaars toe te laat.
Intussen is ’n Mielie-advieskomitee in 1995 as ’n beleidmakende liggaam vir die
Mielieraad ingestel. Dié komitee is saamgestel uit verteenwoordigers van al die
belangegroepe in die bedryf: NAMPO, verbruikers, verwerkers, kopers en die De-
partement van Landbou. Hoewel die besprekings van die Mielie-advieskomitee by
geleentheid groot onenigheid tussen die verskillende belangegroepe tot gevolg
gehad het, is die mening gehuldig dat dit waarskynlik tog ’n betekenisvolle rol
gespeel het in die bewusmaking van produsente dat deregulering onafwendbaar
was en hulle dus beter daarop kon voorberei.
Reeds in 1991 met die aanknoping van formele gesprekke tussen die Staat,
georganiseerde landbou en die besigheidsektor oor Suid-Afrika se stelsel van
beheerde landboubemarking, was die meerderheid van die partye van mening
dat beheerde bemarking onversoenbaar met ’n vrye mark vir landbou was en
beëindig moes word. Dit, aangehelp deur die ander faktore wat kortliks genoem
is en die verandering in die politieke bestel in Suid-Afrika in 1994, het uiteindelik
uitgeloop op die aanvaarding in 1996 van die Wet op Bemarking van Landbou-
produkte en, voortspruitend daaruit, die afskaffing van die bemarkingsrade.
Klankgreep: Die Mielieraad het ’n verteenwoor-
digende groep uit die bedryf op ’n oorsese toer
gestuur om bemarkingstelsels van lande met
graanmarkte wat reeds gedereguleer was, te
ondersoek – dr Chris Wentzel.
Klankgreep: Die Mielie-advieskomitee was ’n
sinergie tussen verteenwoordigers van NAMPO,
graankopers, die meulenaars en verbruikers
– mnr Cerneels Claassen.
Klankgreep: Kommunikasie in die Mielie-
advieskomitee is destyds gestruktureer in ’n
binne- en ’n buitekring – mnr Jannie de Villiers.