ႅႇ
HOOFSTUK 2
basis kon voortgaan nie en het verder bygedra tot die druk vir ’n verandering in die
beheerde bemarkingstelsel.
Meer in die algemeen het druk op internasionale vlak toegeneem vir die afskaffing
van kwantitatiewe beheermaatreëls en staatsubsidies op landbouprodukte.
In 1991 het die geelmielieverwerkers en -verbruikers ’n totaal gedereguleerde mark
vir geelmielies voorgestel en in 1992 het ’n beleidswerkgroep van die Mielieraad
voorgestel dat direkte mielieverkope tussen produsente en verbruikers uitgebrei
moet word, maar steeds met behoud van die eenkanaalstelsel.
Daar is ook begin met ’n afskaling van prysbeheer op ’n hele aantal kommoditeite
en ’n beweging na meer markgerigte stelsels van prysvorming, weg van die koste-
plus-prysbepaling van vroeër.
Produsente se toenemende ontevredenheid met sekere aspekte van beheerde be-
marking op landbouprodukte, asook die swak prestasie van die landbousektor in
terme van produktiwiteit, het verdere druk op die stelsel geplaas. Die ekonomiese
omgewing vir landbou is wesenlik geaffekteer deur veranderings in die makro-
ekonomiese beleid, waarvan die belangrikste die strenger monetêre beleid deur
middel van rentekoersverhogings en ’n verswakking van die valutakoers. Die hoër
rentekoerse van die 1980’s het ook ’n verandering in die Land Bank se benadering
ten opsigte van subsidies meegebring en fiskale ondersteuning is gedurende die
tydperk tussen 1987 en 1993 met ongeveer 50% verminder.
Die Minister van Landbou se aanwysing in Junie 1992 van ’n Kommissie van Onder-
soek na die Bemarkingswet was waarskynlik die hoofgebeurtenis wat die proses
van markderegulering vanaf die begin van 1993 ingelei het. Na aanleiding van die
Kommissie se verslag is agt bemarkingsrade afgeskaf.
Vanaf 1993 het die argument dat produsente se vergoeding meer in lyn met die
beginsels van vraag en aanbod gebring moes word, al sterker geword. Die mening
dat oneffektiwiteite in die mark deur gesonde mededinging opgelos moet word en
markmeganismes geskep moes word om toetrede vir nuwe deelnemers moontlik
te maak, het gegroei.
Hierdie argumente en omstandighede het die weg gebaan vir deregulering van
landboubemarking in Suid-Afrika. Dit is ondersteun deur druk afkomstig van die
onderhandeling van die Algemene Ooreenkoms op Tariewe en Handel (AOTH)
vir die afskaffing van kwantitatiewe beheer en die instelling van tariewe op land-
boukommoditeite met die oog op, onder andere, die vermindering van die rol van
regerings en die bevordering van mededinging.
Suid-Afrika het as ’n stigterslid van die AOTH sedert die aanvang van die Uru-
guay-samesprekings in 1986 deelgeneem aan al die onderhandelings daarvan tot
en met die ondertekening van die Marrakech-ooreenkoms in Desember 1993 en
die ondertekening van die finale ooreenkoms van die Wêreld Handelsorganisasie
(WHO) in 1994. Sommige kommentators en kenners was van mening dat, gesien in
die lig van Suid-Afrika se afhanklikheid van internasionale handel, Suid-Afrika nie
anders kon as om deeglik kennis te neem van dié ooreenkomste nie.
Landbouhandel in Suid-Afrika is tradisioneel deur kwantitatiewe beheermaatreëls in
terme van die Bemarkingswet beheer. Ingevolge die Marrakech-ooreenkoms moes
hierdie tipe beheermaatreëls met ’n bepaalde tariefstelsel vervang word ten einde
die produkte vir uitvoer by die WHO geregistreer te kry. Die ooreenkoms het die
verdere oogmerk gehad dat die tariewe met verloop van tyd verminder moes word.
Hoewel die AOTH-ooreenkomste nie net oor landbouprodukte gehandel nie, was
dit die sektor waarop die tariefverlagings wat daaruit voortgespruit het, die grootste
impak gehad het. Suid-Afrika het gevolglik teenvoorstelle vir die implementering van
die ooreenkomste voorgelê. Suid-Afrika se voorstel dat dit as ontwikkelende land
geklassifiseer word, is nie aanvaar nie, maar die VSA was wel bereid om ’n voorstel
te steun dat Suid-Afrika as ’n “ekonomie in ’n oorgangsfase” beskou kon word, soort-
gelyk aan die voormalige kommunistiese state in Oos-Europa.
Na 1994 het die nuwe Suid-Afrikaanse regering ’n beleid vir hervorming van die
handel in werking gestel wat besigheid in die land dikwels blootgestel het aan