ႅႅ
HOOFSTUK 2
inligting en het ’n onafhanklike diens ten opsigte van monsterneming en grade-
ring gelewer.
Die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte van 1996 het vereis dat alle
bestaande bemarkingsrade ’n besigheidsplan aan die Minister van Landbou en
Bosbou en die Nasionale Landbou Bemarkingsraad (NLBR) moes voorlê binne
30 dae nadat die NLBR wat in terme van dié Wet aangestel is, die eerste keer ver-
gader het. Dit moes aanbevelings insluit oor die wyse waarop die afsluiting van die
betrokke Raad se werksaamhede bestuur sou word.
Enige versoeke deur die bedryf vir statutêre maatreëls, moes volledig in die besig-
heidsplan gemotiveer word. Die kernbeginsel was dat statutêre maatreëls asook
voorstelle vir die herstrukturering van funksies van die Oliesaderaad, met een-
parige aanbevelings van die bedryf ondersteun moes word, by gebreke waarvan
die Minister self oor maatreëls vir deregulering kon besluit.
Aangesien die NLBR op 6 Januarie 1997 vir die eerste sou vergader, het dit geïmpliseer
dat die besigheidsplan vir die oliesadebedryf, soos vir die ander landboubedrywe, in
die eerste week van Februarie 1997 aan die NLBR voorgelê moes word.
Die oliesadebedryf se besigheidsplan is na uitgebreide onderhandelings tussen al
die rolspelers in die bedryf aan die Minister van Landbou voorgelê. In die besig-
heidsplan is voorsiening gemaak vir die volgende strukture wat na die sluiting van
die Oliesaderaad na die bedryf se belange sou omsien:
• Die
Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT)
, wat in Hoofstuk 3 be-
spreek word.
• Die
Oliesade Advieskomitee (OAK)
, wat uit tien verteenwoordigers van die bedryf
saamgestel is en op 1 Desember 1997 vir die eerste keer vergader het. Die OAK
moes in terme van die OPOT-trustakte deur die trustees geraadpleeg word alvo-
rens OPOT ’n besluit oor enige versoek vir finansiële ondersteuning geneem het.
Die OAK was in terme van die trustakte verantwoordelik vir die aanstelling van
trustees op OPOT, met die uitsondering van die ministeriële verteenwoordiger.
Die Komitee se primêre funksie was egter om inligting- en navorsingsprojekte in
belang van die breë bedryf te evalueer en dit vir befondsing na OPOT te verwys.
• Die
Navorsingsprioriteitskomitee
was ’n komitee van die OAK wat getaak was
om navorsings- en ander projekte in belang van die bedryf te identifiseer, eva-
lueer en aanbevelings daaroor aan die OAK voor te lê.
•
SAGIS
, wat in Hoofstuk 3 bespreek word.
•
Bedryfsforums
, wat gebore is uit die behoefte van die onderskeie bedryfsektore
om steeds na die uitfasering van die Oliesaderaad oor gemeenskaplike bedryf-
sake met mekaar te skakel. Dit het, onder andere, gradering, gesondheidsregu-
lasies en navorsingsbehoeftes ingesluit.
Die volgende forums is gestig:
- Grondboneforum (1996)
- Sonneblom- en Sojaboonforum (1997).
Al die rolspelers in die waardeketting kon vergaderings van die forums bywoon.
Besluite is op ’n konsensusbasis geneem. Indien die verteenwoordigers nie
konsensus oor ’n aangeleentheid kon bereik is nie, het die betrokke Forum ʼn
tegniese komitee aangestel om die aangeleentheid verder te ondersoek en aan-
bevelings aan die Forum voor te lê.
• Die rolspelers in die bedryf het die voortsetting van die
tegniese dienstefunksie
wat die Oliesaderaad oor ’n tydperk van meer as 40 jaar ontwikkel het, as
noodsaaklik beskou. Dit het die toepassing van kwaliteitstandaarde, lewering
van analitiese dienste en opleiding van gradeerders ingesluit. Hierdie funksie is
vanaf 1 September 1997 met goedkeuring van die Minister van Landbou na die
Perishable Products Export Control Board (PPECB) oorgedra.
Oliesaderaad afgeskaf
Die dereguleringsproses van die oliesadebedryf is na aanvaarding van die besig-
heidsplan afgehandel en op 30 September 1997 het die Oliesaderaad sy werk-
saamhede afgesluit. Daarna is ’n Likwidasiekomitee aangestel om die reëlings vir
afhandeling van die Oliesaderaad se uitstaande sake te hanteer.