ႅႃ
HOOFSTUK 2
Voor 1934
Koöperatiewe samewerking
1934
Grondbone Produsente Adviserende Komitee
1952
Oliesaadbeheerskema en Oliesaadbeheerraad
– sonneblom en grondbone – eenkanaalpoelstelsel
1994
Beheer opgehef
30 September 1997 Oliesaderaad afgeskaf
Verder is die Sorghumraad deur verskeie komitees bedien, naamlik ’n Navorsings-
advieskomitee, Navorsingskundigheidskomitee, Bemarkingskundigheids- komitee,
Saadkundigheidskomitee en Advertensie- en Promosiewerkgroep.
Oliesade
Koöperatiewe samewerking
Probleme wat in die vroeë stadiums van kommersiële grondboneverbouing in
Suid-Afrika met oorskotproduksie van eetmarkgrondbone ontstaan het, het ’n
behoefte aan die georganiseerde bemarking van grondbone geskep, wat tot die
stigting van koöperatiewe organisasies aanleiding gegee het. Die eerste daarvan
het in die Noord-Transvaalse gebied (Limpopo) tot stand gekom, waarskynlik om-
dat dit destyds die enigste grondboonproduserende gebied in Suid-Afrika was.
Grondbone Produsente Adviserende Komitee
Met verloop van tyd het die behoefte aan groter samewerking in die grondbonebedryf
toegeneem, wat tot samesmeltings van koöperatiewe ondernemings aanleiding ge-
gee het. In 1934 het dit uitgeloop op die stigting van die Grondbone Produsente
Adviserende Komitee deur die destydse Waterberg Koöperatiewe Landbouers Ver-
eniging en ander rolspelers in die bedryf. Die Komitee, wat uit verteenwoordigers
van sowel produsente as persers saamgestel is, is later met ’n amptelike Grondbone
Adviserende Komitee ondervoorsitterskap van die Sekretaris van Landbou vervang.
Ten einde die grondboonnywerheid gedurende die depressiejare van die 1930’s te
ondersteun, het die Regering die invoerregte op grondbone verhoog en verorden
dat geen permitte vir die invoer van grondbone vir persdoeleindes toegestaan
sou word nie, tensy bewys gelewer kon word dat die plaaslike surplusproduksie
deur die parsnywerheid opgeneem is. Die prys waarteen die surplus grondbone in
Suid-Afrika aan die parsnywerheid beskikbaar gestel is, is jaarliks na oorlegpleging
tussen die Grondbone Produsente Adviserende Komitee en die Departemente van
Landbou en van Handel en Nywerheid vasgestel.
Intussen het die koöperatiewe produsente-organisasies ’n sentrale koöperasie
vir oliesade gestig met die oog op onderlinge raadpleging en bespreking van die
belange van die oliesadebedryf. Dié sentrale koöperasie het hom saam met die
Grondbone Adviserende Komitee vir die daarstelling van ’n eenkanaalbemarking-
skema in terme van die Bemarkingswet van 1937 beywer.
Oliesaadbeheerskema en Oliesaadbeheerraad
Op 25 Februarie 1952 is die Oliesaadbeheerskema ingevolge die Bemarkingswet van
1937 afgekondig, wat die tydperk van regulering van die oliesaadbedryf ingelui het.
Die Oliesaadbeheerskema het voorsiening gemaak vir die stigting van ’n Olie-
saadbeheerraad (die Oliesaderaad) waaraan sekere magte, bevoegdhede en
verpligtinge ten opsigte van grondbone en sonneblomsaad opgedra is. Die Olie-
saderaad was ingevolge die Oliesaadbeheerskema gemagtig om as die enigste
koper van die genoemde oliesade op te tree en op 18 April 1952 is ’n proklama-
sie uitgevaardig in terme waarvan die verkoop van grondbone en sonneblomsaad
deur produsente aan enige iemand anders as die Oliesaderaad verbied is. Hierdie
beheer is in 1968 ook na sojabone uitgebrei.
Al die belangegroepe in die oliesadebedryf was op die Oliesaderaad verteenwoor-
dig, maar in ooreenstemming met die vereistes van die Bemarkingswet, het die
meerderheid van die Raad se lede uit produsente bestaan.