ႄႋ
HOOFSTUK 2
voorskrifte deur die Raad neergelê. Die opbergingsfasiliteite het aan die agente, wat
hoofsaaklik uit landboukoöperasies bestaan het, behoort.
Aanstelling en registrasie
Sorghumhandelaars was aanvanklik, tot 2 Maart 1984, nie verplig om as sulks by
die Mielieraad te registreer nie, maar verwerkers van sorghum wel. Alle sorghum-
agente en vervaardigers van sorghumprodukte in die Republiek moes maande-
likse opgawes van al hulle transaksies in sorghum en sorghumprodukte aan die
Raad verstrek. Sorghumhandelaars, daarenteen, was nie verplig om opgawes van
hulle transaksies in sorghum by die Raad in te dien nie, behalwe dié wat in sekere
geïdentifiseerde gebiede, wat van tyd tot tyd gewissel het, sorghum vir eie reke-
ning aangekoop het.
Uitvoer
Die Mielieraad het nie self die uitvoer van sorghum onderneem nie. Die uitvoer-
bare surplus is op voorafbepaalde tye per tender vir uitvoerders aangebied, wat
self verantwoordelik was vir die verkoop en verskeping aan oorsese kopers. Die
Mielieraad het egter toegesien dat die nodige logistieke reëlings getref word om
die sorghum aan die suksesvolle tenderaar in die hawe te lewer, gewoonlik in die
graansilo by die Durbanse hawe.
Vervaardigers van sorghummout moes ’n spesiale heffing aan die Raad betaal op
mout wat hulle verkoop het. Die opbrengs van die heffing is in ’n spesiale heffings-
fonds gestort wat hoofsaaklik gebruik is om verliese met sorghumuitvoere te dek.
Inmengskema
In die Mielieraad se verslag oor die sorghumbedryf in 1973 word verslag gedoen oor
’n inmengskema wat ingestel was wanneer die uitvoerpryse van sorghum laer as
dié van geelmielies was, wat gewoonlik die geval was. Indien daardie verskil groter
was as die verskil in die onderskeie waardes van die twee grane as veevoer, het die
Mielieraad sorghum teen ’n diskonto beskikbaar gestel vir gebruik in veevoere, as al-
ternatief vir geelmielies. Die diskonto was gebaseer op die verskil in die voerwaardes
van die onderskeie produkte.
Dit het beteken dat groter hoeveelhede geelmielies uitgevoer kon word, teen ’n
beter netto resultaat. Die netto finansiële uitwerking van die transaksie is dan ge-
lykop tussen die sorghum- en die mieliebedryf verdeel.
Selfbeskikking
’n Groeiende behoefte aan selfbeskikking vir die sorghumbedryf het uiteindelik
uitgeloop op onderhandelings tussen die Nasionale Sorghumkomitee van die
Suid-Afrikaanse Landbou-unie, die Nasionale Bemarkingsraad en die Minister
van Landbou.
Die grootste argument ten gunste van die daarstelling van ’n onafhanklike Sor-
ghumraad was dat die bedryf so groot was dat dit die reg behoort te kry om sy
eie bemarking te kan behartig. Die argument is deur die Nasionale Sorghum-
komitee ondersteun en deur die Nasionale Bemarkingsraad aanbeveel, wat die
Minister oorreed het om die beheerraad vir die bedryf te vestig.
Die destydse Minister van Landbou, mnr Greyling Wentzel, het op 22 November
1985 aangekondig dat ’n onafhanklike bemarkingsraad vir die sorghumbedryf ge-
stig gaan word. Die nuwe Sorghumskema, wat op 31 Januarie 1986 afgekondig is,
was steeds ’n vrywillige vloerprysskema en was in die hele land van toepassing.
Daarmee het die Mielieraad se beheer oor die bemarking van sorghum tot ’n einde
gekom. Die Sorghumraad het die funksies wat dit met betrekking tot die bemarking
van sorghum oorgeneem het, tot met die afskaffing van die beheerrade in 1997 verrig.
Sorghumbemarking is gedurende hierdie tyd met weinige inmenging bedryf en
die Sorghumraad is beskou as ’n voorloper wat deregulering betref. Die Raad se
bemarkingsreëlings, insluitende die voorgestelde vloerprys, is jaarliks vir goed-
keuring aan die Minister van Landbou voorgelê.
OP 30 APRIL 1973
WAS DAAR IN TOTAAL
20 SORGHUMAGENTE
AANGESTEL.
Die verbouing van sorghum vir saaddoel-
eindes.