DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႊ
Die distrikslandbou-unies het dus in effek die kandidate vir aanstelling as lede van
die Koringraad benoem, maar die Minister van Landbou het die finale aanstellings
gemaak, wat vir ’n termyn van twee jaar gegeld het. Na die stigting van die Winter-
graan Produsente-organisasie (WPO) het laasgenoemde die benoemings vir lede
van die Koringraad gemaak.
Sorghum
DIE EERSTE VROULIKE LID
VAN DIE KORINGRAAD
WAS ME AJE NEL WAT
OP 1 MAART 1945
AANGESTEL IS AS
VERTEENWOORDIGER
VAN DIE VERBRUIKERS.
SY WAS AFKOMSTIG VAN
POTCHEFSTROOM, WAAR
SY VIR ’N TYDPERK OOK
DIE BURGEMEESTER VAN
DIE DORP WAS.
Voor 1945
Geen beheer
1945 - 1948/1949 Mielieraad bedryf eenkanaalpoelstelsel as tydelike maatreël
1949 - 1957
Geen beheer
1957/1958
Mielieraad bedryf eenkanaalpoelstelsel
1957/1958 - 1985 Mielieraad bedryf vloerprysstelsel as deel van die
Somergraanskema
1986 - 1997
Sorghumraad gestig – bedryf surplusverwyderingskema
1997
Sorghumraad afgeskaf
Klankgreep: Die Sorghumraad is gestig na komi-
teelede in die Mielieraad afgeskeep gevoel het
– mnr Piet Skinner.
Aard en omvang van beheer
Tradisioneel was sorghum in bestaansboerderye geproduseer en verbruik, sonder
bemarkingstrukture van enige aard. Selfs nadat kommersiële produsente begin
het om dit op groter skaal te verbou, was die bemarking daarvan aanvanklik nie
baie suksesvol nie.
Vanaf 1945 tot die 1948/1949-seisoen het die Mielieraad die bemarking van sorghum
as ’n tydelike maatreël hanteer om ’n eenkanaalbemarkingstelsel vir sorghum daar
te stel en die bemarking meer georden te bestuur. Vanaf 1949 was daar weer geen
formele beheer oor die bemarking van sorghum nie, totdat dit in die 1957/1958-sei-
soen opnuut deur die Mielieraad oorgeneem is.
In daardie seisoen is ’n poelstelsel vir die bemarking van sorghum bedryf, maar vanaf
die volgende seisoen is ’n vloerprysstelsel as ’n stabiliserende maatreël vir plaaslike
pryse ingestel wat tot in 1985 deur die Mielieraad as deel van die Somergraanskema
bedryf is. Die vloerprysstelsel was ’n minder omvattende beheerskema as die een-
kanaalskema wat ten opsigte van mielies gegeld het. Dit het in wese behels dat die
Mielieraad ’n prys aangekondig het waarteen die Raad bereid was om sorghum van
produsente te koop wat dit nie elders teen hoër pryse van die hand kon sit nie.
Die prys, wat gewissel het na gelang van die klas en graad sorghum, was dus ’n
minimum perk, of vloer, waarbenede die produsenteprys nie kon daal nie en vandaar
die verwysing na “vloerprys”. Die vloerprys is aan die begin van die seisoen deur die
Mielieraad vasgestel, met goedkeuring van die Minister van Landbou. Tot en met die
1964/1965-seisoen het die vloerprys elke jaar vanaf 1 Mei tot 31 Oktober van krag
gebly, maar in die 1965/1966-seisoen is die aanvangsdatum tot 1 April vervroeg.
Wanneer die vloerprys aangekondig is, het die Mielieraad ook die minimumprys
bekend gemaak waarteen hy sorghum, wat teen die vloerprys aangekoop is, vir
binnelandse verbruik sou verkoop. Laasgenoemde prys was gewoonlik ietwat
hoër as die vloerprys ten einde voorsiening te maak vir die Mielieraad se koste ten
opsigte van sorghum en die handel aan te moedig om soveel as moontlik van sy
behoefte vroeg in die seisoen direk van die produsente aan te koop.
Kragtens die vloerprysskema het dit die handel vrygestaan om sorghum direk van
produsente aan te koop en daarmee handel te dryf, anders as in die geval van die
eenkanaalbemarkingstelsels wat ten opsigte van mielies en koring gegeld het. Daar
was ook geen prysvoorskrifte vir dié verhandeling nie.
In die praktyk het die Mielieraad sorghum slegs in die vernaamste produksiegebiede
direk vanaf produsente aangekoop. Dit was duidelik omskrewe gebiede en het die
destydse provinsies van Transvaal en die Oranje-Vrystaat en enkele landdrosdistrik-
te in die Kaapprovinsie en Natal ingesluit. Die Mielieraad het sorghumagente in daar-
die gebiede aangestel om sorghum wat ingevolge die skema van produsente verkry
is, teen voorgeskrewe tariewe namens die Raad te hanteer en op te berg, volgens