ႄႉ
HOOFSTUK 2
Samestelling
Die Raad wat ingevolge die Wet van 1935 ingestel is, het uit agt lede bestaan, naamlik
’n amptenaar van die Departement van Landbou en Bosbou, drie verteenwoordigers
vir lede van koöperatiewe produsente, een verteenwoordiger vir nie-koöperatiewe
produsente, twee om meulenaars te verteenwoordig en een vir die verbruikers.
Na die afkondiging van die Koringreëlingskema van 1938 is die Raad tot 14 lede
vergroot, naamlik vyf verteenwoordigers vir koöperatiewe koringprodusente, drie
vir nie-koöperatiewe koringprodusente, drie vir meulenaars, een vir bakkers, een
vir verbruikers en ’n amptenaar van die Departement van Landbou en Bosbou. In
1945 het die verbruikers nog ’n verteenwoordiger bygekry, wat die Raad tot 15 lede
vergroot het.
Ingevolge die Wintergraanskema van 1950 is die Koringraad se ledetal tot 21 ver-
hoog, waarvan elf die koringprodusente verteenwoordig het, terwyl die ander
belangegroepe kleiner verteenwoordiging geniet het, soos wat onder die vorige
bedelings ook die geval was. Later is die Koringraad se samestelling tot 13 lede
verminder, waarvan agt produsentelede, twee verteenwoordigers vir elk van die
meulenaars en die bakkers en een vir verbruikers. Ingevolge die Bemarkingswet
moes die produsente se verteenwoordigers altyd die meerderheid in die Koring-
raad uitmaak.
In later jare was koringprodusente op provinsiale vlak in die georganiseerde
landbou op Wintergraankomitees van die provinsiale landbou-unies verteen-
woordig, waarvan daar vier was, een vir elkeen van die destydse provinsies. Die
distrikslandbou-unies het verteenwoordigers op die Wintergraankomitees van
die onderskeie provinsiale landbou-unies genomineer. Uit hulle geledere is die
Nasionale Wintergraankomitee van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, op basis
van produksie, saamgestel, met die gevolg dat die meeste lede daarvan vanaf die
Wes-Kaap afkomstig was, met die Vrystaat die tweede meeste en dan die Kaap-
provinsie en Transvaal.
Nuwe Koringraadgebou.
Klankgreep: Laaste sake is afgehandel na die
ontbinding van die Koringraad – mnr Andries
Beyers.
Klankgreep: Wat in ’n koukussessie bespreek is,
realiseer nie altyd om die onderhandelingstafel
nie – mnr Jannie de Villiers.