DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႈ
’n Moderne (kombinasie)-koringstroper aan
die werk.
Vanweë die geringe omvang van rogproduksie en -verwerking in Suid-Afrika is alle
beheermaatreëls daarop vanaf 1 Oktober 1987 opgehef.
Die Raad se bevoegdhede ingevolge die Wintergraanskema was grootliks dieselfde
as onder die Koringreëlingskema en het ook die volgende ingesluit:
• Om die aankoop en verspreiding van koring, gars, hawer en rog in Suid-Afrika te
beheer en agente vir daardie doel aan te stel; en
• om, met die goedkeuring van die Minister van Landbou, reserwefondse te skep.
Die prys wat die Raad vir koring aan die produsente betaal het, is deur die Minis-
ter van Landbou bepaal, na onderhandeling tussen die produsente, meulenaars,
bakkers en die Raad. Daar is op ’n prys ooreengekom, wat vir goedkeuring aan
die Minister voorgelê is, maar in die meeste gevalle in elk geval net so deur die
Minister afgekondig is.
Met die tweede konsolidasie vandieWintergraanskemagedurendedie 1973/1974-sei-
soen, is die Raad van Beheer oor die Koringnywerheid se naam verkort tot die
Koringraad en is ’n Adviserende Wintergraangraderingskomitee ingestel om die
Koringraad oor sake rakende die gradering en klassifikasie van wintergraan en win-
tergraanprodukte te adviseer.
Tot 1987 is wintergraan volgens ’n vasteprys eenkanaalskema geadministreer,
maar vanaf 1987 in praktyk as ’n eenkanaalpoelskema.
Op pad na deregulering
Een van die aanbevelings van die Wentzel Kommissie, waarna later verwys word,
was dat die proses vir prysbepaling van beheerde landbouprodukte aangepas
moes word. Met verwysing na die Wintergraanskema en die koringbedryf het die
Kommissie die volgende aanbevelings gemaak, wat almal met verloop van tyd
geïmplementeer is:
• Die beheer oor in- en uitvoere behoort in die eerste plek by die Regering te
berus en die Minister van Landbou moet oor die hoeveelhede daarvan besluit;
• die Koringraad moet die bevoegdheid behou om oor die registrasie van meu-
lens te besluit en die beperkende registrasie ten opsigte van broodbakkers moet
behou word, maar die beperking op registrasie van ander bakkers, soos banket-
en koekbakkers, moet aangepas word;
• die subsidie op die prys van brood moet stelselmatig verminder word; en
• die Bemarkingswet moet gewysig word sodat die Minister die bevoegdheid het
om pryse en marges op aanbeveling van die Bemarkingsrade en na konsultasie
met die Nasionale Bemarkingsraad te bepaal.
Die algemene dryf na ’n gedereguleerde landboumark wat hoofsaaklik in die
mieliebedryf gegeld het, het uiteindelik ook gelei na die einde van beheerde
bemarking van wintergraangewasse in Suid-Afrika, met die afskaffing van die
Koringraad in 1997.
DIE KORINGRAAD WAS VIR BAIE JARE LANK DIE SUID-
AFRIKAANSE REGERING SE VERTEENWOORDIGER OP DIE
INTERNASIONALE GRAANRAAD (IGR) EN HET JAARLIKS
DIÉ ORGANISASIE SE VERGADERINGS BYGEWOON.
OMDAT SUID-AFRIKA ’N NETTO INVOERDER VAN
KORING WAS, HET DIE IGR SE VERGADERINGS ’N GOEIE
GELEENTHEID GEBIED OM NIE NET MET ONTWIKKELINGS
IN DIE BEDRYF TRED TE HOU NIE, MAAR OOK KONTAKTE
MET DIE OOG OP INVOERE OP TE BOU.
Ou Koringraadgebou.