Previous Page  25 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 37 Next Page
Page Background

ႄႇ

HOOFSTUK 2

Die Bemarkingswet het die Raad bemagtig om volle beheer oor die koring-tot-

broodketting uit te oefen. Vanaf 1938 het die Raad die in- en uitvoer van koring

en koringprodukte beheer, die verkoop van koring aan enige ander entiteit as die

Raad en sy agente verbied, soos ook die verkoop van koringmeel en brood teen

ander pryse as wat die Raad bepaal het en het selfs die grootte van bakkers se

oonde gereguleer. In die geheel gesien, was dit die omvattendste beheer oor enige

produksieketting in die land se geskiedenis, wat vir sowat 59 jaar voortgeduur het.

Die Raad van Beheer oor die Koringnywerheid wat in terme van die 1938-wet in

die lewe geroep is, het op 24 Oktober 1938 vir die eerste keer vergader. Die Raad

het wyer magte en verantwoordelikhede as sy voorganger gehad. Die belangrik-

ste take was om die Minister te adviseer oor graderings- en verpakkingsvereistes,

sowel as die voorwaardes waaronder koring en koringprodukte verkoop, ingevoer

of uitgevoer kon word. Van die Raad se ander magte was onderhewig aan goed-

keuring van die Minister, soos die oplê en invordering van heffings, vasstelling

van pryse, registrasie van meulenaars en dorsmasjieneienaars en die verbod op

verkoop van koring aan enige ander entiteit as die Raad.

Wintergraanskema

Die Koringreëlingskema het vir elf seisoene in werking gebly totdat dit vanaf

1 November 1950 deur die Wintergraanskema vervang is. Hierdie nuwe skema het

voorsiening gemaak vir die insluiting van gars, hawer en rog onder die beheer van

die Raad van Beheer oor die Koringnywerheid.

Die eerste selfaangedrewe koringstroper

is in 1953 bekendgestel.

Een van die eerste koringstropers.

Die vroeë 1900’s. Koring is eers gesny en dan gedors (in baie gevalle deur kontrakteurs).

Koringsny in die 1900’s.

DIE EERSTE VERGADERING VAN DIE KORINGRAAD NA DIE

INWERKINGTREDING VAN DIE KORINGREËLINGSKEMA

HET 13 SITTINGSDAE BELOOP AS GEVOLG VAN DIE GROOT

AANTAL SAKE WAARAAN DIE RAAD MOES AANDAG GEE,

SOOS DIE VASSTELLING VAN PRYSE EN KOMMISSIES,

AANSTELLING VAN AGENTE, VERKOOPSVOORWAARDES,

DISTRIBUSIEREËLS, GRADERING EN PRYSE VAN

PRODUKTE, ASOOK ADMINISTRATIEWE SAKE WAT

HANTEER MOES WORD.