Previous Page  23 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 23 / 37 Next Page
Page Background

ႄႅ

HOOFSTUK 2

Vanaf die stigting van NAMPO in 1980 het NAMPO die produsentelede van die Mie-

lieraad, wat die meerderheid in die Mielieraad gevorm het, genomineer en het die

Minister van Landbou daardie genomineerdes aangestel.

Die ooreenkoms wat in 1987 met die Minister bereik is, het ten opsigte van die same-

stelling van die Mielieraad die belangrike verandering ingehou dat teruggekeer is na

die bedeling wat tot 1985 gegeld het, naamlik dat die produsentelede op die Mielie-

raad weer uit die geledere van NAMPO genomineerdes deur die Minister aangestel

is. Die betrokke NAMPO-lede is uit die 24 NAMPO-streke verkies, wat ook beteken

het dat hulle teenoor hulle kieskolleges verantwoordelik was. Die streke is in groepe

van drie ingedeel wat elkeen ’n verteenwoordiger aangewys het.

Koring en ander wintergrane

Begin 1900’s

Vanaf die vroeë 1900’s het koringprodusente op verskeie wyses probeer om groter

stabiliteit in die koringbedryf te bereik, maar sonder werklike sukses. Die beson-

derhede daarvan word in Hoofstuk 1 uiteengesit en het gewissel van verbeterde

onderlinge samewerking tot die stigting van organisasies soos Bokomo en Sasko

(vandag die

Pioneer Foods Groep

).

1930 – Wet tot Beperking van Koringinvoer

Uiteindelik het die Regering in 1930 die Wet tot Beperking van Koringinvoer aange-

neem waardeur die invoer van koring beperk is. In 1931 is ’n soortgelyke wet ten

opsigte van meel en meelblom, die Wet tot Beperking van Meelinvoer, aanvaar. Dié

wette het ’n minimumprys bepaal waarteen ingevoerde koring en koringmeel in

Suid-Afrika geland kon word.

Die Regering het ook die prys bepaal waarteen Suid-Afrikaanse produsente vir

hulle koring vergoed moes word. Dié pryse het egter nie altyd gerealiseer nie, om-

dat die oorgrote gedeelte van die oes gewoonlik in ’n kort tyd aan die begin van die

oesseisoen bemark is. Dit het ’n ooraanbod in daardie tydperk tot gevolg gehad,

wat die prys nadelig beïnvloed het.

Die mening het begin posvat dat produsente in staat gestel moes word om hulle

oes stelselmatig te bemark ten einde voordelige markomstandighede te kan benut.

Dit sou beteken dat koring opgeberg moes word, maar die produsente het nóg die

fasiliteite nóg die finansiële vermoëns gehad om dit te kon doen. Koöperasies het

wel oor pakhuise beskik wat hiervoor aangewend kon word, maar hulle kon nie

die noodwendige implikasies daarvan in terme van rentekoste, gehalte- en ander

verliese, versekeringskoste, ensovoorts bekostig nie. Hierdie koste sou dus deur

hulle lede (die produsente) gedra moes word, wat laasgenoemde dan in ’n swakker

posisie sou plaas as produsente wat nie lede van koöperasies was nie en hulle oes

dadelik ten volle kon verkoop.

1930

Wet tot Beperking van Koringinvoer – invoer van koring beperk

1931

Wet tot Beperking van Meelinvoer – invoer van meel en meelblom beperk

1935

Wet op die Beheer oor die Koringnywerheid (Wet 58 van 1935)

1935

Raad van Beheer oor die Koringnywerheid – aktiewe beheer oor die invoer van

koring en koringmeel

1937

Bemarkingswet

1938

Koringreëlingskema

1950

Wintergraanskema

1973/1974 Raad se naam verkort tot

Koringraad

1987

Beheer oor rogproduksie opgehef

1995

Kwantitatiewe invoerbeheer vervang met tariefbeheer

1996/1997 Koringbemarking in geheel gedereguleer

1997

Koringraad afgeskaf