Previous Page  22 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႄ

van mielies, van toepassing op bokwiet wat in sekere omskrewe gebiede ge-

produseer is, hoewel feitlik geen bokwiet in elk geval buite daardie gebiede

geproduseer is nie. Die eenkanaalpoelstelsel het die voordeel aan bokwiet-

produsente gebied dat hulle oes oor ’n langer tydperk uitgevoer kon word. Dit

het die geleentheid gebied om die bemarking sodanig te bestuur dat gunstige

markpryse benut kon word. Feitlik die totale bokwietproduksie, uitgesonderd

die saadgedeelte, is uitgevoer, hoofsaaklik na Japan en Frankryk. Die Mielie-

raad het bokwiet op hierdie basis bemark tot met sy ontbinding, maar aartappels

en droëbone net tot Januarie 1986.

Die Raad het aan die begin van elke seisoen met die goedkeuring van die Minister

van Landbou ’n voorskotprys vir bokwiet bepaal, wat by lewering aan die pro-

dusente betaal is. Wanneer die oes klaar bemark is, is die finale prys bepaal deur

die uitgawes en koste verbonde aan die bemarking van die oes, van die inkomste

daaruit af te trek. Die netto opbrengs is dan uitbetaal aan die produsente wat

bokwiet in die poel gelewer het,

pro rata

volgens die massa wat elkeen gelewer

het. In sommige jare is ’n middel- of tussenskot betaal namate die bemarking van

die oes gevorder het.

Bokwiet vir plaaslike verbruik is gegradeer volgens voorskrifte deur die Mie-

lieraad uitgereik, aangesien geen graderingsregulasies daarvoor ingevolge die

Bemarkingswet gepubliseer is nie. Bokwiet wat vir uitvoer bestem was, was egter

deur inspekteurs van die Direktoraat van Landbouprodukstandaarde gegradeer,

volgens gepubliseerde voorskrifte van die Departement van Landbou-ekonomie

en -bemarking.

Samestelling

Die eerste volwaardige Mielieraad is met die inwerkingtreding van die eerste Be-

markingswet (Wet 26 van 1937) in 1938 daargestel. Vanaf 1968 het die Mielieraad

in terme van die Bemarkingswet van 1968 (Wet 59 van 1968) gefunksioneer, totdat

dit uiteindelik in terme van die Wet op Bemarking van Landbouprodukte van 1996

afgeskaf is.

Vanaf 1979 was die Mielieraad in die uitvoering van sy funksies ook onderhewig aan

die Somergraanskema, soos afgekondig deur Proklamasie R45 van 1979.

Die Mielieraad is vanaf sy ontstaan saamgestel uit verteenwoordigers van al die

groepe rolspelers in die bedryf, asook aangewese amptenare van die Staat. Die be-

ginsel van ’n produsentemeerderheid in die beheerrade het egter van die begin af

ook in die Mielieraad gegeld. In die beginjare was die Staat baie betrokke by die

Mielieraad, tot so ’n mate dat die eerste twee Voorsitters daarvan staatsamptenare

was. Sedert 1938 was die Voorsitter egter altyd uit die geledere van die produsen-

telede verkies.

Die eerste Mielieraad (1935) het uit 15 lede bestaan, wat soos volg opgemaak is: Vier

verteenwoordigers van mielieprodusente wat lede van koöperasies was; vier verteen-

woordigers van produsente wat nie lede van koöperasies was nie; een verteenwoor-

diger elk vir die mieliehandel, mieliemakelaars, mieliemeulenaars, mielie-uitvoerders,

veevoerders en verbruikers, asook ’n amptenaar van die Departement van Landbou.

Ingevolge die Mieliereëlingskema van 1939 is die ledetal van die Mielieraad tot 19

vermeerder deur die aantal produsentelede tot twaalf te verhoog. Terselfdertyd is

weggedoen met die verteenwoordiging van mieliemakelaars en -uitvoerders, maar

is die verbruikers en mieliehandel elk twee verteenwoordigers op die Raad toegelaat.

Met verloop van tyd het die samestelling van die Mielieraad en die aantal lede

daarvan verskeie kere verander, maar altyd met behoud van die beginsel dat die

meerderheid van sy lede uit verteenwoordigers van mielieprodusente sou bestaan.

Die Mieliereëlingskema het voorsiening gemaak vir die aanstelling van adviseurs om

dieMielieraadby te staan. DieMinister van Landbou kon eenofmeer amptenare vandie

destydse Suid-Afrikaanse Spoorwegadministrasie en een of meer amptenare van

die Staatsdiens as adviseurs vir die Raad aanstel. Die Mielieraad was self ook geregtig

om hoogstens twee persone as adviseurs op die Raad te koöpteer. Daarbenewens is

die Mielieraad bygestaan deur komitees wat getaak was om sekere sake rakende die

Raad se werksaamhede te ondersoek en aanbevelings daaroor aan die Raad voor te lê.