Previous Page  21 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 21 / 37 Next Page
Page Background

ႄႃ

HOOFSTUK 2

Die Mielieraad het verskeie promosieveldtogte van stapel gestuur met die oog

op die bevordering van die mieliebedryf. So byvoorbeeld is die Wally Hayward-

marathon in Pretoria sowel as sokkerwedstryde geborg en vanaf 1972 tot 1983

het die Raad die Dalrymplebeker-atletiekkompetisie geborg. Die Raad het ’n

losie by die FNB-stadion gehad waar geselekteerde gaste onthaal is.

Die Mielieraad het ook ’n Putu-kompetisie vir swart huisvrouens geloods waar-

voor hulle kon inskryf as hulle ’n sakkie meel koop. Aan die einde van elke maand

is ’n trekking gehou en pryse uitgedeel.

Tydens die Mielieraad se 50-jarige bestaansviering in 1985 is dit beskryf as ’n onont-

beerlike skakel tussen die produsente en die verbruikers. Dit is soos volg beskryf:

“If it closes its doors tomorrow, South Africa would go hungry within a few days.”

Dit was egter op daardie stadium reeds duidelik dat die Mielieraad ’n aanpasbare

benadering sou moes volg en vatbaar wees vir verandering ten einde ’n meer

markgerigte stelsel vir mieliebemarking daar te stel. Van die Mielieraad se uitda-

gings was om in so ’n markomgewing voldoende inligting beskikbaar te stel ten

einde produsente in staat te stel om hulle produksie in lyn te bring met markbe-

hoeftes en om die koste van hantering, opberging en verspreiding van mielies te

verminder. Daarbenewens moes dit beplan vir die toekomstige verwagte vraag na

mielies gegewe Suid-Afrika se wisselvallige weerpatrone en reënval, die verwagte

toename in bevolkingsgetalle, diversifikasie op mielieplase, toename in produkti-

witeit en ander faktore wat die produksie van mielies kon beïnvloed.

Gedurende April 1997 is alle mielietransaksies waarby die Mielieraad betrokke was

afgesluit en op 30 April 1997 het die Raad al sy bedryfswerksaamhede gestaak. Die

Raad het tot in 2007 voortbestaan om sy onafgehandelde sake uit te bestuur, wat

hoofsaaklik hofsake, die verkoop van sy bates en afhandeling van poele behels het.

Met die finale afhandeling van die uitvoerpoel van die 1996/1997-seisoen is ’n bedrag

van R88 036 miljoen op 14 Augustus 1997 aan mielieprodusente wat mielies in die

uitvoerpoel gelewer het, uitbetaal. Dit was die laaste betaling deur die Mielieraad

aan produsente en daarmee is die Raad se bedryfsake ook afgehandel.

Ander produkte

Die Mielieraad het met verloop van tyd ook hulp verleen met die bemarking van

ander landbouprodukte, soos sorghum (tot 1986), aartappels en droëbone (tot

Januarie 1986) en bokwiet.

Bokwiet is vanaf 1969 op versoek van die destydse Oos-Transvaalse Koöpera-

sie volgens ’n eenkanaalpoelstelsel geadministreer. Dit was, soos in die geval

Sportpromosie.

Reklame.

Die vervoer van mielies, bokwiet en sorghum.