Previous Page  20 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႂ

mielieprodukte en in die algemeen oor die bemarking

en/of verwerking van mielies en mielieprodukte.

Aanvullend tot die funksies wat die Mielieraad in die be-

marking van mielies en ander graansoorte gespeel het,

het dit in verskeie opsigte en op verskeie terreine as ’n

wesenlik belangrike skakel in die mieliebedryf gedien:

• Die Raad en sy agente was verantwoordelik vir die

inname, gradering, opberging en verspreiding van

die land se mielievoorrade. Hierin het die landbou-

koöperasies die grootste rol gespeel, maar die Raad

het ook meulenaars en handelaars as agente aange-

stel. Die uiteindelike reg op en verantwoordelikheid

vir verspreiding van mielies het egter altyd by die

Mielieraad berus.

Vanaf Julie 1977 is alle mielies, sorghum en bokwiet

wat vanaf die binneland na hawens vervoer is, in

massavragte per trein vervoer. Teen ongeveer 1985

was mielies die derde belangrikste kommoditeit wat

die Spoorweë hanteer het, naas steenkool en yster-

erts en is ongeveer 85% van die mielie-oes per trein

vervoer. Dit het teen 2014 egter tot slegs sowat 15%

afgeneem as gevolg van ’n grootskaalse toename

in padvervoer.

• Die Mielieraad het ’n skakelrol gespeel deur te verse-

ker dat finansiering beskikbaar was sodat produsente

onmiddellik met lewering vir hulle graan betaal en die

Raad se agente vir hulle dienste vergoed kon word.

In tye waar verliese op uitvoere opgeloop het, het

die Mielieraad lenings teen staatswaarborge by die

Land Bank of Reserwebank verkry om die verliese

te finansier.

• Die Mielieraad het ook ’n belangrike rol gespeel in

die identifisering van navorsingsbehoeftes in die

mielie- en bokwietbedryf en die ondersteuning van

navorsingsprojekte by verskeie instellings, hoewel

die Mielieraad self nie ’n navorsingsinstansie was nie.

Alle nuwe mieliekultivars is eers getoets voordat dit

vrygestel is, veral vir hardheid en maalkwaliteit.

• Die Mielieraad het gedien as ’n skakel in kommuni-

kasie tussen verskillende rolspelers in die industrie,

asook in onderhandelings met ander ekonomiese

sektore en die Staat.

• As die enigste uitvoerder van mielies en bokwiet het

die Mielieraad ’n kardinale rol gespeel in die ontgin-

ning van uitvoermarkte. Dit is deur die Uitvoerkomitee

van die Raad hanteer, wat bepaal het hoeveel mielies

vir uitvoer beskikbaar was, ’n uitvoerprogram opge-

stel het waarvolgens dit bestuur is, die logistieke en

finansiering daarvoor bestuur het, en verskansing

op die

Chicago Board of Trade

gedoen het wanneer

wêreldmarkte gunstig was.

• Vanaf ongeveer 1974 het die Mielieraad die destydse

onafhanklike state (Transkei, Bophuthatswana, Ciskei

en Venda, sowel as die selfregerende gebied van

Lebowa) bygestaan met die ontwikkeling van hulle

landbou-bemarkingstelsels.

• In 1963 het die Mielieraad ’n publisiteitskomitee gestig

ten einde die bevordering van die mark en die Raad

se openbare verhoudingeprogram te bestuur. Hierdie

komitee het uit die staanspoor ’n besliste bydrae tot

sistematiese promosie en bemarkingsaksies vir die

mieliebedryf gelewer.