ႃႋ
HOOFSTUK 2
oorskotmielies teen ʼn verlies uitgevoer is. Dié verliese is in die Stabilisasiefonds
gedra en het uiteindelik bygedra tot die tekort wat in die fonds ontstaan het.
In 1982 het die tekort in die Stabilisasiefonds op sowat R53,7 miljoen gestaan, maar
teen 30 April 1983 het dit reeds tot R213 miljoen gegroei. Die posisie het algaande
versleg en op 30 April 1987 het die tekort in die fonds sowat R481 miljoen beloop.
NAMPO se standpunt was deurgaans dat die Regering verantwoordelikheid moes
aanvaar vir die tekort in die Stabilisasiefonds, gegewe die omstandighede waar-
onder en wyse waarop dit ontstaan het. Na baie onderhandelings het die Staat in
1989 finaal onderneem om die tekort, wat as ʼn verlies in die Mielieraad se boeke
gestaan het, oor te neem. Hoewel die Staat dus verantwoordelikheid vir die Stabi-
lisasiefonds aanvaar het, wou hulle dit nie na die staatskas afwentel nie. Gevolglik
is die verlies steeds in die Mielieraad se boeke getoon en is rente jaarliks daarop
bereken, wat in die Mielieraad se begroting ingesluit is.
Die Nasionale Party beheerde Regering het nooit daardie skuld vereffen nie. Na die
verkiesing in 1994 waardeur die ANC beheerde regering aan bewind gekom het, is
’n nuwe Minister van Landbou aangestel. ʼn Afvaardiging van die Mielieraad onder
leiding van die Voorsitter het die Minister oortuig dat die Regering verantwoordelik
was vir die betaling van die tekort in die stabilisasiefonds en uiteindelik is dit deur
die nuwe Regering afgelos.
Heffings
Die mieliebedryf was onderhewig aan drie heffings wat in terme van die Bemar-
kingswet en/of die Somergraanskema opgelê is.
Die eerste daarvan was ’n algemene heffing ingevolge die Bemarkingswet deur die
Minister ingestel, wat deur die Mielieraad ingevorder is, maar aan die Departement
van Landbou oorbetaal is vir befondsing van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie.
Die tweede was ’n gewone heffing wat die Mielieraad ingevolge die Somergraan-
skema gevorder het ter befondsing van die Raad se administratiewe uitgawes, soos
die koste van reklame, administrasie, navorsing, markinligting en verspreiding.
Die Mielieraad was ook in terme van die Somergraanskema gemagtig om ’n spesiale
heffing op mielies te vorder. Die spesiale heffing is aangewend ter betaling van die
bemarkingskoste wat die Raad moes aangaan in die bemarking van mielies, wat die
vervoerkoste na hawens, finansieringskoste, verliese met uitvoere, opbergingskoste
en hanteringskoste ingesluit het.
Wanneer mielies aan of deur middel van die Mielieraad verkoop is aan ’n persoon
wat nie geregistreer was om in die gewone loop van besigheid met mielies te han-
del nie, was die heffing deur die verkoper (die produsent) betaalbaar. Indien mielies
verkoop is aan ’n persoon wat geregistreer was om in mielies handel te dryf, was die
heffing deur die koper betaalbaar. Geen heffing was egter betaalbaar op mielies wat
vir eie gebruik deur die produsent aangewend is nie.
Magte, pligte en funksies van die Mielieraad
Benewens die gewone magte wat nodig was om sy administratiewe funksies uit te
voer, het die Mielieraad oor die volgende magte beskik:
• Om mielies en mielieprodukte te koop en te verkoop;
• om met die Minister van Landbou se goedkeuring die verkoop van mielies en mie-
lieprodukte aan enige ander party as die Mielieraad of sy agente of geregistreerde
mieliehandelaars te verbied en ’n heffing in te stel op mielies wat verwerk of van
produsente aangekoop is;
• om finansiële en ander hulp in verband met navorsing te verleen;
• om ’n inligtingsdiens te vestig ten einde produsente oor bemarkingstoestande
in te lig;
• om die binnelandse verbruik van mielies en mielieprodukte aan te moedig en die
ontwikkeling en verbetering van die mieliebedryf in Suid-Afrika te bevorder; en
• om die Minister van Landbou te adviseer oor algemene sake, soos die graderings-
vereistes van mielies, reëlings met betrekking tot die uit- en invoer van mielies en