DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႊ
In die daaropvolgende bemarkingseisoen is hierdie reëlings verder gewysig om ook
die vrye uitvoer van mielies toe te laat, onderhewig aan die verkryging van ’n uitvoer-
permit vanaf die Mielieraad en teen betaling van ’n uitvoerheffing. Die Mielieraad het
in daardie seisoen slegs mielies bemark wat in die uitvoerpoele gelewer is.
Stabilisasiefonds
Na aanleiding van baie goeie winste wat die Mielieraad in 1950 en 1951 met die
uitvoer van mielies gemaak het, het die gedagte ontstaan om ʼn stabilisasiefonds te
stig. By die oorweging daarvan het twee denkrigtings bestaan: Enersyds was daar
persone wat van mening was dat die Regering vir die stabilisasie van mieliepryse
verantwoordelik was en dat die winste en verliese van uitvoere vir die Staat se
rekening moes wees. Andersyds was daar diegene wat gemeen het dat die winste
wat met uitvoere gerealiseer het, die produsente toegekom het.
Uiteindelik het die Stabilisasiefonds in 1953/1954 ontstaan toe die Mielieraad
besluit het om die winste wat gedurende die voorafgaande jare met mielie-uit-
voere gemaak is, tesame met die bydraes van verbruikers en die Staat, in ʼn fonds
te stort wat gebruik kon word om moontlike toekomstige uitvoerverliese te dek en
by te dra tot die stabilisasie van die produsenteprys vir mielies. Terselfdertyd het
die Mielieraad besluit dat die Stabilisasiefonds in die toekoms deur bydraes van
sowel die produsente as verbruikers en die Staat aangevul sou word.
Ontleders van die mieliebedryf is van mening dat die prysbeleid wat die Mie-
lieraad gevolg het, ʼn insentief bevat het wat groot genoeg was om verhoogde
mielieproduksie te stimuleer, wat uiteindelik tot oorproduksie gelei het. Dit het in
verskeie jare tot gevolg gehad dat die Mielieraad die oorskot mielies teen ʼn ver-
lies moes uitvoer, omdat die binnelandse produsenteprys hoër as die heersende
wêreldpryse was.
Die Stabilisasiefonds het waardevolle bydraes gemaak om uitvoerverliese goed
te maak en die bedryf op verskeie ander terreine te stabiliseer, dikwels deur die
produsenteprys vir mielies te subsidieer.
By tye was die stabilisasiefonds baie sterk, maar as gevolg van verliese met die
uitvoer van mielies in die tydperk sedert die 1977/1978-seisoen, rente wat op die
opgehoopte skuld opgeloop het en tekorte wat uit die ruiltransaksie met Roemenië
ontstaan het, is die stabilisasiefonds mettertyd uitgeput.
Op 1 Mei 1980 het die stabilisasiefonds nog ʼn positiewe saldo van R5,2 miljoen ge-
had. Vanaf die 1981/1982-bemarkingsjaar is egter wegbeweeg van die praktyk om
produksiekoste as basis vir bepaling van die produsenteprys vir mielies te gebruik
na ʼn stelsel waarin die produsenteprys na onderhandelings met die Mielieraad
deur die Minister vasgestel is. Die vlakke waarop die produsenteprys in dié tyd-
perk vasgestel is, was dikwels hoër as die internasionale prys, met die gevolg dat
Verteenwoordigers van die Mielieraad onderteken ʼn uitvoerkontrak met die Republiek
van China in 1986.