Previous Page  9 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

stats

82 817

156 398

3 479 306

361

Die getal ligte vliegtuie en helikopters wat van NAMPO Park

se privaat vliegveld gebruik gemaak het.

746

Sóveel uitstallers was by vanjaar se Oesdag.

Die nuwe rekord-bywoningsyfer behaal

tydens NAMPO 2018.

Impressions on Instagram during the NAMPO Harvest Day,

while story impressions amounted to 61 823.

NAMPO page posts on

Facebook

reaching 1 832 094 unique

views and engaging 130 631 users, compared to 73 594 the

previous year.

Ds koos kirsten

woord

Uit die

‘n

Mens oorwin nie deur krag nie. Ek wonder vir hoe­

veel mense in die wêreld maak hierdie uitdrukking

enige sin? In ‘n demokratiese land word koppe ge­

tel, want daarin lê jou krag: Hoe meer, hoe beter.

Hoe meer mense aan jou kant, hoe meer kan jy doen

wat jy en hulle wil. Dan moet krag mos iets beteken.

Hoe meer mense ‘n ding wil hê, hoe meer druk kan hulle uitoefen.

Hoe meer en beter wapens jy het, hoe makliker is dit om iemand

anders te oorwin. Kyk maar na wat die VSA doen. Hulle het soveel

meer soldate as enige ander land in die wêreld. Hulle kan ander

lande bloot net dreig en sodoende hulle wil op hulle afdwing. As dit

so in die wêreld werk, dan moet krag mos iets beteken?

In die lig hiervan kan ‘n mens begin wonder of dít wat ons in

1 Sam. 2:9 lees nie dalk iets anders beteken nie. ‘n Mens oorwin nie

deur krag nie. Moet ons nie dalk iets anders hieronder verstaan nie?

Hierdie vers is deel van Hanna se lofsang aan God. Sy was kinderloos

en haar man se ander vrou het haar genadeloos geterg en gespot.

Sy was magteloos teen hierdie vrou. Sy kon haarself nie vrugbaar

maak nie. Uiteindelik het sy haar volledig tot die Here gewend en met

‘n woordelose gebed die Here gevra om vir haar ook ‘n kind te gee.

‘n Jaar later is Samuel gebore.

Nou gaan bid sy weer en sy loof die Here vir wat Hy vir haar gedoen

het. Sy was magteloos, maar Hy is almagtig. Hy kon doen wat sy

nie kon nie. Hy het haar oor haar teenstander laat seëvier. Sy het

geen krag in haarself gehad waarop sy kon staatmaak nie, maar sy

het vasgehou aan die Here wat almagtig is.

In ons persoonlike lewe en in ons land kom daar omstandighede

waaroor ons net eenvoudig geen beheer het nie. Niks wat ons doen

kan dit verander nie, maar die Here kan. Hy is in staat om selfs lewe

te bring waar die dood oorheers het. Hy het Jesus Christus uit die

dood opgewek. Hy het beheer oor lewe en dood en ook oor al die

magte van die wêreld. Hy kan selfs die VSA in een oomblik heeltemal

vernietig.

Laat ons dan, net soos Hanna, ons vertroue in Hom stel. Hy kan dinge

doen en omstandighede verander. Hy het beheer oor ons lewens.

Hy sal ons nooit in die steek laat nie, ons nooit alleen laat of ons

totaal verlaat nie. Hy kan selfs die slegste ding laat meewerk tot ons

ewige voordeel.

Baie geluk aan

Selina Shehuba van

Jouberton wat vir die

Mei-uitgawe van

SA Graan/Grain

die gratis Bybel

gewen het.

estie@infoworks.biz

7

June 2018

Kantlyn

Op die

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449

Graan SA/Grain SA

39%

Engagement rate on the Grain SA

Twitter

profile during NAMPO,

amounting to 3 075 post engagements for 2018

– up from 275 the previous year.