Previous Page  12 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2018

10

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Die persbekendstelling van die NAMPO

Nasie in Gesprek

-reeks het

op Maandag, 14 Mei, plaasgevind met die tema: “Haves and have

nots: Perception or reality?” Die paneelleier was professor Nick

Binedell van Gibs (tweede van regs) met paneellede Vito Rugani

(Greenway Farms), politieke analiste Nompumelelo Runji en

Prince Mashele, Tommie van Zyl (ZZ2 Natuurboerdery) en advokaat

Tembeka Ngcukaitobi.

Ramoso Pholo (hoofbestuurslid van Graan SA vir Streek 28) en

Ramodisa Monaisa (dagbestuurslid van Graan SA) wat onderskeide-

lik op Mooifontein en Gelukspan in die Noordwes Provinsie boer, is

van die produsente wat die 52ste Nampo Oesdag bygewoon het.

Fransie Nell en sy seun Anton (4) van Somerset-Oos het vanjaar se

NAMPO terdeë geniet. Ma Benette was elders op die Oesdagterrein,

terwyl pa en seun voor die hekke sluit nog soveel as moontlik trek-

kers bekyk het. Fransie sê Anton is van kleinsaf versot op trekkers en

masjinerie en hierdie was vir hom ‘n groot bederf.

By dié buitelandse pawiljoen was Ryan Garizio van Zimbabwe, hul

Suid-Afrikaanse gasheer, Martiens de Bruin en Marco Garizio. Die

Garizio’s bedryf die vervaardigingsonderneming Load Agropower in

Zimbabwe en is Landini se agent in dié land.

NAMPO is mos ‘n heerlike familie-uitstappie: Jan en Elmien Kirsten

(Namibië), Hannes en Sybel Kirsten (Makwassie) en Elaine en Dries

Kirsten (Makwassie). Die Kirsten-niggies en -nefies is: Altonette,

Chrisna, Edrich, Juan en klein Daniël (in die waentjie).

Al die pad vanaf Lesotho: Molemo Lethea, Salang Lehlatsoa en

Thapelo Khasela. Dié driemanskap het veral belanggestel om meer

uit te vind oor die verbouing van graansorghum.

Stewige NAMPO-bywoning