Previous Page  11 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 84 Next Page
Page Background

Die Wes-Kaap kan uitsien na NAMPO Kaap – wat van 12 tot 14 Sep­

tember op Bredasdorp in samewerking met Graan SA aangebied

word. Dié handels- en vee-ekspo is daarop gemik om ‘n basis te skep

as landbou-inligtingverskaffer, markplek, netwerkgeleentheid en

bymekaarkomplek vir almal wat by landbou in die streek ‘n belang

het. Chrystal Engel (besigheidshoof, Bredasdorp Park NPC), Henk

Aggenbach (voorsitter: NAMPO Kaap-komitee) en Annemie Krause

(bemarking en kommunikasie, Bredasdorp Park NPC) het kom waar­

neem hoe dinge by die NAMPO Oesdag in die Vrystaat gedoen word.

Lekker by NAMPO!

Die Oesdagkomitee het die Maandagmiddag voor NAMPO ‘n spesiale

verwelkomingsfunksie vir die uitstallers gehou, waartydens hulle

bedank is vir hul deelname aan die Oesdag. 746 uitstallers het van-

jaar by die Oesdag hul produkte en dienste vertoon.

Dit is opmerklik dat die getal mediaverteenwoordigers van buite die

landboumedia by die Oesdag toegeneem het. Hier word ‘n onderhoud

met Cobus van Coller (voorsitter van die Oesdagkomitee) gevoer.

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA) en Toit

Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA)

het die uitstallers by NAMPO 2018 verwelkom en hulle voorspoed

toegewens. Volgens Jannie wil Graan SA deur die Oesdag ‘n platform

vir besigheid skep, die beeld van landbou uitdra en onder andere aan

die publiek illustreer hoe voedsel geproduseer word.

Politici, beleidsmakers en regeringsamptenare word jaarliks deur

Graan SA na die Oesdag genooi sodat hulle eerstehands met land-

bouers kan kennis maak. Jannie de Villiers en Dan Kriek (president

van Agri SA), regs, het Mike Mlengana (direkteur-generaal van Land-

bou, Bosbou en Visserye) by die Oesdag verwelkom.

Valerie en Lucky Dlamini (Delareyville) het hulle seun, Lucky jr, vir ‘n

uitstappie NAMPO Oesdag toe gebring om die familie-atmosfeer en

plaasgasvryheid wat so eie aan die Oesdag is, te kom geniet.

9

June 2018