Previous Page  10 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2018

8

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Stewige NAMPO-bywoning

wys landbouers hét nog hoop

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIESPAN

‘n

Nuwe rekord bywoningsyfer is tydens NAMPO 2018 be-

haal en die terugvoer van uitstallers dat hulle oorwegend

uitstekende besigheid gedoen het, spreek van die land-

bousektor se optimisme ten spyte van al die onsekerhede

wat die Suid-Afrikaanse produsente in die gesig staar.

Dit is die mening van mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbe­

stuurder van Graan SA), na afloop van die organisasie se 52ste

NAMPO Oesdag, wat suksesvol gedurende Meimaand aangebied

is. Volgens die kaartjieverkope het 82 817 besoekers deur die hekke

gestroom om die 746 uitstallers te besoek en die familie-atmosfeer

en plaasgasvryheid wat so eie aan die Oesdag is, saam te kom ge-

niet. NAMPO Park se privaat vliegveld het 361 ligte vliegtuie en he-

likopters – wat ‘n verskeidenheid van besoekers daar besorg het

– met gemak hanteer.

“Die groeiende belangstelling in die NAMPO Oesdag is bemoedi-

gend en dit bewys dat landbou nog lewendig en aan die gang is. Aan

elke uitstaller, besoeker en personeellid, baie dankie dat julle die

geleentheid saam met ons kom geniet het en saam kom skryf het aan

die NAMPO-storie. ‘n Persoonlike hoogtepunt van elke NAMPO is

om verskeie mense te ontmoet, met hulle te gesels en verhoudinge

te bou. Daardie verhoudinge vestig die hoop waarop landbou

gebou is.

“Dit is ook opmerklik dat die aantal nie-landboubesoekers en getal

mediaverteenwoordigers van buite die landboumedia toegeneem

het. Uit formele en informele gesprekke is dit duidelik dat hulle

ook NAMPO toe kom omdat dit vir hulle lekker is. Die groeiende be­

langstelling van swart produsente in die skou is ook vir Graan SA

‘n definitiewe pluspunt,” het De Villiers gesê.

Buitelandse uitstallers se belangstelling in NAMPO as ‘n platform

om die res van Afrika te bereik, duur voort. Nagenoeg 76 interna-

sionale uitstallers is gehuisves in agt buitelandse pawiljoene – wat

elk ten minste agt uitstallers van hul land deel van hul uitstallings

gemaak het. Verteenwoordigers van Israel, Pole, Engeland, Amerika,

Argentinië, Indië, Frankryk, Italië, Denemarke, China, Turkye en

Rusland het aan die Oesdag deelgeneem.

Graan SA poog deurlopend om NAMPO se uitsluitlike fokus op

landbou te behou. Die seleksie van uitstallers en die items op die

program word getrou hiervolgens gerig. Vanjaar het die

Nasie in

Gesprek

-forum ‘n sterk bydrae tot die gronddebat gelewer. In pas

met die 30ste jaar wat die Boerepatentekompetisie aangebied is, het

Graan SA en Omnia die tydskrif,

Landbouweekblad

, as bykomende

vennoot verwelkom.

Die swak toestand van verskeie openbare paaie in die omgewing

van NAMPO Park is kommerwekkend. Dit plaas geweldige druk op

sekere roetes en kortwiek die bestendige vloei na en van die skou-

terrein.

Die breë landboufamilie van die Wes-Kaap kan uitsien na

NAMPO Kaap – wat van 12 tot 14 September 2018 op Bredasdorp in

die Wes-Kaap in samewerking met Graan SA aangebied word. Dié

handels- en vee-ekspo is daarop gemik om ‘n basis te skep as land-

bou-inligtingsverskaffer, markplek, netwerkgeleentheid en byme-

kaarkomplek vir almal wat ‘n belang by landbou in die streek het.

Inligting oor NAMPO Kaap is beskikbaar op die

www.nampo.co.za

webtuiste.

Aanstaande jaar se NAMPO Oesdag is geskeduleer vir 14 tot 17 Mei.